Die 12 Stappe verduidelik

Die Tabernakel van God van gister en vandag.
Die ou verbond en die nuwe verbond – die Ou Testament en die Nuwe Testament. Die ou verlossingsplan en die nuwe verlossingsplan.
Met hierdie studie van die Tabernakel van God en dan later die Tempel van God.
God het duidelike instruksies gegee aangaande die presiese plan van die Tabernakel aan Moses en Aaron en later aan Israel en aan Salomo met die konstruksie van die Tempel van God in Jerusalem.
Ons gaan nou van nader kyk na die planne in die uitleg van die oorspronklike Tabernakel asook die betekenis van elke item in die Tabernakel. Ons sal met elke item die rede vir daardie item asook die stap in die nuwe verlossingsplan vind, volgens die Ou Plan.
Die studie is ‘n spieëlbeeld van God se openbarings aan my.
Die 12 Stappe na die Hemel ―Lewe met die Ewigheid in my gedagtes
Die oorspronklike Tabernakel was ‘n groot tent met ‘n opening aan die een kant en binne in hierdie tent was ‘n kleiner tent wat verdeel was in twee seksies deur middel van ‘n gordyn.
As jy aan die buite kant van die buitenste tent was, dan was jy sonder die teenwoordigheid van God in jou lewe. Jy moes die hoof tent area binne gegaan het om jou offer vir sonde vergifnis te bring.
In vandag se terme lewe jy in ‘n sondige Wêreld, sonder God in jou lewe. Eksodus 38 v 9-20
Eks 38:9 Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;
10 daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;
11 en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.
12 En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.
13 En aan die oostekant, teen sonop, was daar vyftig el;
14 vyftien el behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke;


Stap 1:
Erken dat jy ‘n sondaar is, sonder God in jou lewe, dat jy in sonde lewe in ‘n sondige Wêreld.
Soos jy die Hoof tent binne tree, draai jy weg van sonde af en beweeg jy nader aan God se teenwoordigheid. Eksodus 38 v 1-7
Eks 38:1 Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.
2 En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek.
3 Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak.
4 Ook het hy vir die altaar ‘n traliewerk gemaak, ‘n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar.
5 En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.
6 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.
7 En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.

Stap 2:
Draai weg van sonde af en beweeg na God toe vir verlossing.
Sodra jy die hooftent binne getree het, aan die linkerkant was die plek waar die offeringe gedoen was.
Hierdie was die plek waar die offer voorberei geword het, indien dit ‘n lam was, was dit híér waar die lam geslag was. Hierdie was die plek van bloed en veranderinge. Eksodus 38 v 8
Exo 38:8 Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.

Stap 3:
Aanvaar Jesus Christus as jou persoonlike redder.
Die bloed van Jesus (Die Lam van God) wat gestort was vir ons sondes op Golgota +-2000 jaar gelede toe Jesus op die ou ruwe kruis vir ons sondes gesterf het.
Soos jy jou offer voorberei het, het jy nader na die vuur altar beweeg en in geloof gestaan: geloof dat God jou nederige offer as betaling vir jou verlede sondes sal aanvaar.

Stap 4:
Glo in God, Jesus en die Heilige Gees (Die Drie-Eenheid) Dit is om te glo in vergifnis en aanvaarding.
Nou plaas jy jou offer op die vuur altaar en sien hoe die vlamme van die altaar jou offer brand en hoe die rook van jou offer optrek na God toe vir goedkeuring.

Stap 5:
Gee en ontvang vergifnis. Gee en vra omvergifnis aan ander mense en ontvang vergifnis van God.

Die Vuur altaar van vandag.

Die kerk van vandag sien die Vuur altaar as die oorspronklike deel van die Ou Testament Tabernakel of Tempel.  Maar hulle beskou dit as ou gebruike en nie deel van die verlossingsplan van God volgens die doktrine van die Nuwe Testament nie. Die vuur altaar was die voorwerp wat jy eerste gevind het soos jy die oop area van die Tabernakel van God ingekom het.

Die Tabernakel tent wat in Moses se tyd in gebruik was, was heeltemal mobiel maar in die Tempel van God was dit ‘n vaste vesting. Dit was dus ingebou en deel van die konstruksie.  Die betekenis agter elke item binne in die Tabernakel en die Tempel het verander toe Jesus aan die Kruis gesterf het. Oorspronklik was die altare altyd van klip gemaak en gebruik vir die offering van offers aan God vir die sondes van die Israeliete.

Ons lees in die begin – Genesis, oor die eerste vuur altaar wat gebruik was. Die kinders van Adam en Eva was die eerste om hierdie Vuur altaar te gebruik. Kain en Abel het aan God offeringe gebring en seëninge van God af ontvang. Die offers wat hulle gebring het, was die goedere wat hulle geproduseer het in hulle onderskeie boerderye.

As jy die uitleg of plan van die Tabernakel of die Tempel soos in Jerusalem, bestudeer, sal jy sien dit is ‘n spieëlbeeld van die verlossingsplan van die Nuwe Testament.  Die 12 stappe van die Ou Testament verlossingsplan is nogsteeds dieselfde as die 12 stappe na die Ewige lewe.

  1. Die ingang van die Tabernakel = erken dat jy ‘n sondaar is sonder God.
  2. Die binnehof van die Tempel = Draai weg van sonde af. In hierdie deel van die Tabernakel was almal welkom om hulle offers te bring vir hulle sonde.
  3. Nogsteeds in die binnehof, die plek waar hulle die offer voorberei het. Hierdie plek aan die linkerkant van die ingang was gevul met die bloed van diere. Die diere was by hierdie punt geslag = Aanvaar Jesus Christus as jou Persoonlike Verlosser, Sy Bloed was vir jou gegiet en Hy het aan die Kruis gesterwe vir jou sondes.
  4. Nogsteeds in die binnehof, reg voor die Vuur altaar en gereed om jou offer op die altaar te plaas = Geloof in die Drie-Eenheid en geloof in God vir vergifnis van jou sonde en geloof in die Bloed van Jesus Christus wat beskerming en genesing bied.
  5. Die vuur altaar  is waar die offer op die altaar geplaas word = Gee en ontvang vergifnis aan ander en ook van God af. Jy is nou ‘n wedergebore Christen.
  6. Nogsteeds in die binnehof tussen die altaar en die Koperwaskom (Die tweede item in die Tabernakel) Hier was dit nodig om die bloed van jou hande af te was = Doping in water. Die watergraf, wat die 3 dae wat Jesus in die graf was en as nuwe persoon in Christus opstaan, simboliseer.
  7. Nogsteeds in die binnehof. Die binnehof was oop vir die hele nasie in die Ou Testament. Normaalweg nadat die hande gewas was, het hulle voor die Heilige afdeling, voor die binne tent, gaan staan. Vandaar af kon hulle slegs die wonder van God aanskou, maar was nie toegelaat om in die gedeelte in te gaan nie. Die gedeelte was slegs toeganklik vir die priesters en die hoë priester.

Aan die binnekant van die binne tent agter die gordyn was die Allerheiligste en daar was die Ark van die Verbond bewaar. Hierdie gedeelte het die teenwoordigheid van God Almagtig voorgestel.  Hierdie gedeelte was ook net toeganklik vir die Hoë Priester en ook net een maal per jaar. Die Bestudering van hierdie Heilige gedeelte = Bybel studie van die Woord van God. Leer meer van die Drie-Eenheid. En leer oor die stappe wat nog voorlê tot by die finale eindbestemming wat die Ewige lewe, Hemel in sy volle glorie, is.

My waarneming is dat hierdie die punt is waar ‘n groot hoeveelheid van Christene terug draai, net soos in die Ou Testament. ‘n Groot hoeveelheid Christene weet nie hoe om van hierdie punt af verder te gaan nie. Slegs ‘n klein persentasie Christene aanvaar hulle Priesterskap en beweeg dan vorentoe na die Heilige afdeling.

Hierdie is die halfpad merk in jou reistog na die Paradys toe.

Na die doping in water en na’n paar Bybel studies, verloor Christene belangstelling en beweeg terug en baie selde (en baie hartseer) verlaat hulle die Tabernakel geheel en al en val terug in die sondige wêreld.

Hulle beweeg nie aan na die binne tent toe nie. En sonde begin dan weer om op te bou.

Jy het op twee opsies op stap nommer 7. Een;  jy beweeg aan en bou jou gebedslewe op, bou jou geloof op, gee en ontvang vergifnis, hê deelname in genesing, beskerming en die vergifnis maal. Òf ; jy verlaat die Tabernakel geheel en al en gaan terug in die sondige wêreld in. Jy kan slegs koud òf warm wees. Indien jy voor die in die binne tent bly dan sal jy wees soos die Bybel sê; louwarm en dan sal God jou uit spuug.

Ja, sommiges sal terug val, in die hoop dat hulle een dag terug sal kom tot by hierdie punt. Ja, Jesus en God sal ons ‘n miljoen keer weer vergewe. Maar die doping van water kan slegs een keer gebeur.  Ek het nie ‘n problem met weer-doping nie. Dit kan wees dat jy die eerste keer met jou doping nie ten volle sonde vergifnis gedoen het nie. Jesus se bloed het jou skoon gewas van die sonde, maar as jy jou tyd neem om in die Heilige gedeeltes in te gaan, dan gaan sonde wees opbou.

Maar die doping in water moet ten volle bemeester word voordat jy die Heilige deel van die geestelike lewe kan ingaan.

  • In die Ou Testament se tye was slegs die Tempel Priester toegelaat om in die binne tent gedeelte in te gaan om offers aan God te bring. Soos wierook brand. In hierdie gedeelte  sien ons die drie items; die tafel met brood en wyn offers wat voor die Hoof Gordyn staan, die wierook altaar en verder aan die linkerkant het die sewe lampstaanders gestaan = Die Heilige Nagmaal, Gebed, Lofprysing en Aanbidding en Geloof opbouing. Gebed, Geloof en voortdurende Vergifnis. In hierdie deel was daar vir 12 maande van die jaar voorbereidings gedoen vir die Heilige Priester om die Allerheiligste agter die Hoof Gordyn in te gaan. ‘n Plek van voorbereiding waar jy jouself sonde vry moet kry. Want geen sonde kan die Allerheiligste ingaan nie. Hier sal jy die medalje met die gegraveerde woorde “Apart gestel as Heilig vir die Here” dra. Toe Jesus Christus aan die Kruis gesterf het, het God die Allerheiligste geopen vir almal wat Sy Seun Jesus aanvaar het om die gedeelte binne te kan gaan en om dan die doping van die Heilige Gees te kan ontvang.
  • Die Hoof Gordyn. Niemand behalwe die Hoë Priester was toegelaat agter hierdie Hoof Gordyn. Agter hierdie Gordyn was die Allerheiligste en dit was waar die Ark van die Verbond bewaar was. Die Hoof Gordyn is die sesde item of voorwerp in die Tabernakel = hierdie is die doping van die Heilige Gees in die Nuwe Testament verlossingsplan. Die nuwe Tempel van God, jou gees. Die Heilige Gees doop jou dan met ‘n kombinasie van die 7 Geeste van God en ‘n string van Karaktereienskappe, Gawes, Vrugte, Vermoëns en nog meer.

‘n Baie spesiale oomblik in elke Kind van God se lewe. En die Wedergebore status word slegs bereik wanneer die doping van die Heilige Gees plaasgevind het.

As jy gelei word deur die Heilige Gees binne in jou, alleenlik dan kan jy ‘n Kind van God genoem word.

Wedergebore, Skoongewas in die Bloed van Jesus, Geesgevulde, Kind van God.

  1. Die Allerheiligste. Agter die Hoof Gordyn, in die agterste gedeelte van die binne tent.  Item/ voorwerp 7 is die Ark van God. En binne die Heilige deel is daar nog drie ander items.
  1. Die 2 tablette met die wet van God soos geskrywe in Eksodus 20.
  2. ‘n Kruik gevul met manna wat uit die woestyn verkry was gedurende die tyd van Eksodus.
  3. Die staaf van Aaron met bloeisels.

Aan die ander kant van die Gordyn = Aanvaar jou Dissipelskap en ontvang jou Bediening in die Koningkryk van God. Leer die wet van God aan die nuwe Dissipels, en leer hulle van God se voorsieningskrag en die seëninge wat jy sal ontvang in die gees en ook fisies.

Volgens Jesus in Matteus 28 vers 19 & 20,

Die Groot Opdrag van Jesus Christus

19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. 

20  En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen. 

Hierdie leer ons die volgende stappe onsself te neem en ook om dit ten volle te bemeester, sodat ons dit aan ander weer kan leer en hulle kan lei tot by die Hemel.

Dimensie 1: Die buitekant van die Tabernakel = Ons lewe sonder God in sonde in ‘n sondige wêreld.

Dimensie 2: Die binnehof binnekant die Tabernakel = Alle sondaars was welkom in hierdie gedeelte buite die hoof tent in die binnehof. Om te kom en offergawes te bring vir God vir hulle sondes = aanvaar Jesus Christus , Doping in water en Bybel studie.

Dimensie 3: Die Heilige gedeelte van die Tabernakel, die binne tent. In hierdie gedeelte was slegs die Tempel Priester toegelaat. Jy moet jou Priesterskap aanvaar as jy in hierdie gedeelte wil ingaan. Hier moet jy dan ook meer as 80 % van jou tyd aan God bestee en naby aan Sy teenwoordigheid wandel = Bou Gebedslewe, Lofprysing en Aanbidding. Bou jou Geloof en hou aan voortdurend om vergifnis te gee en te ontvang.

Dimensie 4: Die Allerheiligste. Slegs die Hoë Priester was toegelaat om in hierdie gedeelte in te gaan, en slegs een maal ‘n jaar en dan ook met sy oë toe = Hierdie is die werke wat jy verrig in die Koningkryk van God in jou Bediening waar jy absoluut deur die Heilige Gees gelei en vertroos word.

Stap 11 volg. Word goedgekeur en geseël deur die Merk van God.

Dimensie 5: Die Ark van God = Die Hemel in sy volle glorieryke mag. Die Ewige lewe, Nuwe Jerusalem, die Paradys of die Tuin van Eden soos dit ook genoem word. Hierdie sal ons slegs beërwe na die Groot Wit Troon Oordeel plaasgevind het.

 Stap 12: Ons finale eindbestemming.

Deur jou Dissipelskap te aanvaar, word jy toegelaat om tussen die dimensies fisies, nie in die Gees nie, te beweeg. Jy kan van 4 na 3 of na 2 of 1 toe beweeg en nuwe dissipels gaan maak. Dit was die opdrag van Jesus Christus minute voor Sy opvaarding na die Hemel toe.

Neem die sondaar van dimensie 1 – begin as ‘n sondaar

Na dimensie 4 – ‘n Geesgevulde Kind van God.

Dimensie 1 = Sondaar in ‘n sondige wêreld sonde God in hulle lewens.

Dimensie 2 = Wedergebore

Dimensie 3 = Heilige Christene

Dimensie 4 = Geesgevulde Kind van God.

Hierdie is die opdragte van die Seun van God = Jesus Christus.

Sy opdrag is baie duidelik!

Neem die sondaar van Dimensie 1 tot 4 so vinnig as moontlik om uiteindelik ‘n nuwe Dissipel te word.

(Daarom gaan en leer alle nasies), Lei die sondaar na Jesus toe (doop hulle in die Naam van die Seun) van verlossing na die water doping (doop hulle in die Naam van die Vader), van die reinigingsproses tot die Heiligheid. En van die Heiligheid na die doping van die Heilige Gees (en van die Heilige Gees),

En van die Geesgevulde na die dissipelskap en bediening (leer hulle om alle dinge te observeer) in die Koningkryk van God ( wat ookal Ek van jou beveel).

Vanaf stap 1 tot 12 “Lewe met die Ewigheid in my Gedagtes”

Maar dit is hier waar die Kerk van God vir Jesus gefaal het. Ons lei en ondersteun nie ons pasgebore lammers nie tot by nuwe Dissipelskap status in die geestelike lewe nie.

‘n Groot persentasie word by stap 6 en 7 agtergelaat, en dan val hulle uiteindelik terug na hulle ou lewenstyle toe, en slegs net ‘ n klein persentasie Wedergebore Christene bereik die Heiligheid by hulleself.

Hulle sit vas in Dimensie 2 en sommiges gaan tot in Dimensie 3.

As ons Dimensie 4 bereik is dit slegs deur God se genade en as ons, ons nuwe siele na die Dimensie toe kan lei is dit net ‘n reuse WOW in die Hemel. As een siel hierdie punt van sy of haar geestelike lewe bereik, is daar hewige feesvieringe in die Hemel.

  1. Nogsteeds in die Allerheiligste gedeelte, in die binne tent van die Tabernakel = Hier sal ons die balans van die 7 Geeste van God ontmoet. Hier begin jy ook om jou Bediening wat God jou gegee het uit te lewe in die dienste wat jy in die Koningkryk van God verrig. Jy gebruik jou Vermoëns wat jy deur die Gees ontvang het, jou Gawes en Vrugte om die Koningkryk van God tot sy volle potensiaal uit te brei hier op aarde.

En now wag jy om geseël te word met die Merk/Seël van God vir die Ewigheid.

Die manier waarop ons moet lewe na Stap 10 word ten volle verduidelik in my Boek “Is jy Hemel gereed”.

  1. Nogsteeds in die Allerheiligste, die Ark van die Verbond en van God = Die Ewige lewe. Die Koningkryk van die Hemel, die Nuwe Jerusalem. You eindbestemming wanneer jy al die stappe bemeester het.

Maar hierdie studie is oor die Vuur altaar van vandag!

Stap 5 van die 12 stappe na die Hemel, die tweede item/voorwerp in Dimensie 2; dit is om vergifnis te gee en om vergifnis te ontvang vanaf God.

Daar is 3 plekke in die Tabernakel Verlossingsplan waar jy vergifnis kan gee en kan ontvang.

Daar is 3 plekke in 3 verskillende dimensies in ons geestelike lewe waar jy die kans gegun word om skoon te word en van ‘n on-vergewensgesindheid  ontslae van te raak. God weet dat dit ons menslike natuur is om te sondig en Hy weet dat ons ‘n humeur het. Alhoewel ons, ons beste probeer om nie te sondig nie en so gereeld as moontlik te vergewe, sal daar altyd een of ander vorm van sonde of on-vergewensgesind in ons siele vassteek.

God voorsien 3 plekke.

Plek 1:

By die ingang by die Tabernakel/Tempel = Erken jy is ‘n sondaar en sonder God. Hier moet ons ontslae raak van sonde en ON vergewensgesindheid en aan beweeg na die volgende stap.

Plek 2:

By die Vuur altaar = Jesus Christus het Homself as perfekte opoffering vir ons sondes gegee. Sy bloed het ons skoon gewas van sonde.

Plek 3:

Die tafel van brood en wyn offer = Die Heilige Nagmaal. Die aand maaltyd is die maaltyd van vergifnis, genesing, beskerming en die nagedagtenis maaltyd.

Matt 26 v 28

Op elke plek word die sonde minder en minder en by plek 3 is die sonde veronderstel om te verdwyn en oombliklike vergifnis word dadelik gegee en ook gevra.

Maar Ongelukkig: By plek 2 is waar ‘n baie groot persentasie Christene vassit oppad na die Hemel toe. As gevolg van ON-vergewensgesindheid en sonde wat in hulle lewens vassteek.

Ja, hulle het weg van die sonde af gedraai en het Jesus Christus hulle Redder gemaak; was gedoop in water; het die Woord van God bestudeer. Maar sonde het weer op begin bou want hulle het nie verder aan beweeg na stap 8 en 9 toe nie.

Verbeter en vergroot jou gebed gebied, lofprysing en aanbidding, bou op jou geloof en gee en ontvang voortdurend vergifnis.

Hulle het nie die Heiligheid bereik nie, en sit vas in die binnehof, reg voor die Heilige gedeelte van hulle verlossing.

Wat gaan jy hieromtrent doen?

Dit is waar die Vuur Altaar van vandag ‘n belangrike rol speel en hier moet jy jou siele, jou kerk lede en dalk selfs jouself tot by hierdie punt kry om verder te gaan na die Heiligheid gedeelte toe.

Hierdie is genoem in die volgende Hoofstuk genoem “ Jy kan dood gaan!”

Ons het nodig om te erken dat ons voor die Heilige afdeling staan en dat ons nie toegang tot hierdie gedeelte sal hê as ons nie stap 5 van die 12 stappe na die Hemel ten volle bemeester het nie. Ons sit vas op stap 7, Bestudering die Woord van God (Die Bybel).

En selfs op stap 9 wat die Doping van die Heilige Gees is, kan ons ook vassit. Ja, selfs in die Heiligheid kan jy vassit as gevolg van sonde en Onvergewensgesindheid. “ Sonde-vry moet jy wees”

Ek Verduidelik altyd die volgende aan nuut Wedergebore Christene: Jou siel is soos ‘n prag-skone kristalglas, en wanneer dit vasgevang in sonde en on-vergifnis is, is dit soos modder wat die glas besmet het. Jy sal die glas moet skoon maak met Jesus se Bloed, gespoel met water van die doping, en om dit skoon te hou, moet dit blink gevryf word met die Heiligheid van die Heilige Gees. Die Heilige Gees sal dan kosbare olie ingiet tydens die doping van die Heilige Gees, sodat dit sal oorvloei. Hierdie sal dan verhoed dat die modder weer die glas kan binnedring.

Maar hierdie is nie wat gebeur in die Moderne Kerke nie; ons het skoon glase wawyd oop gelos vir die duiwel om te kom vul met sy sonde. Ons het nie die Wedergebore tot by die ingieting van die olie wat tot beskerming lei, gelei nie.

‘n Groot persentasie Christene moet van stap 9, die doping van die Heilige Gees, af aanbeweeg.  Identifiseer hulle huidige posisie op hulle pad na die Hemel toe en neem hulle dan terug na stap 5 toe. En laat hulle eers hierdie stap bemeester, en dadelik daarna moet jy bid vir die Doping van die Heilige Gees. Moet nie wag nie.

As jy gaan wag gaan sonde en on- vergewensgesindheid weer terug kom en gaan weer die glas besmet. Versoeke, onbekende sondes en emosionele sondes sal weer inkom, keer op keer as die glas nie gevul word met die beskermende olie van die Gees van God nie.

Laastens: Die Vuur altaar van Vandag! Kom ons kyk hoe dit gedoen kan word in die Nuwe Testament Verlossingsplan.

Stap 1:

Die Christene moet aangesê word dat hy/sy nie dimensie 3 of 4 kan binnetree terwyl hulle in die geestelike stand is waar hulle nou is nie. En hulle kan nie die Hemel behaal sonder om nie gebore te word uit water en die Gees nie. Hulle moet totaal en al heeltemal sonde vry wees om aan te kan gaan. Alle sondes moet voor God geplaas word en vergifnis moet gegee word en ook ontvang word. Geen Bindings van enige aard, of vloeke sal in dimensie 4 welkom wees nie.

Om hulle die waarheid te vertel sal hulle vry maak!

En as jy hulle nie lei nie, sal jy aan Jesus Christus moet antwoord by die Groot Wit Troon Oordeel.

Stap 2:

Die Christen moet self ondersoek doen en hulle harte en siele deursigtig ondersoek; hulle sal deur die Gees oortuig word van die dinge wat tussen hulle en God staan.

Maak nou ‘n lysie:

  1. Die wet van God Eks. 20 en die wet van Jesus Matt 5.
  2. Enige slegte dinge wat in die siel versteek/vassit.
  3. Emosionele sonde – diep binne versteek.
  4. ON – vergewensgesindheid.

Wanneer die lysie voltooid is (Die Christen moet eerlik met hulself en met God wees) moet die persoon volkome oopmaak teenoor God. Sien hierdie as die laaste veranderinge. Beweeg dan aan om met God op stap 3 te praat.

Stap 3:

 ‘n Vuur altaar sal buite die Huis voorberei word waar die Sel groep gehou word. By hierdie vuur altaar moet daar ‘n getuie wees, verkieslik iemand Geestelik en onbekend aan almal in die groep. ( Slegs dan sal almal eerlik en opreg oopmaak teenoor God). As dit ‘n lid van die groep of kerk is, dan sal die kandidate nie gemaklik voel om vrylik oop te maak teenoor God nie, weens skaamheid/verleentheid wat dit sal veroorsaak.

Die Christen moet dan hardop met God praat, sodat die getuie, getuienis van die gesprek tussen die sondige Christen en God Almagtig kan wees. Die Christen sal alles wat tussen hom/haar en God staan, een vir een noem en dan daardie ding wat hom/haar vashou in bindings (slawerny) in die vuur plaas.

Dinge soos: Alkohol, dwelms, fotos van geliefdes, name wat op ‘n stuk papier geskrywe is met die naam van die persoon wat hulle nie kan vergewe nie. Enige iets waaraan hulle kan dink wat tussen hulle en God kan staan en wat verhoed dat hulle nie Dimensie 3 kan ingaan nie. Dimensie 3 = Die Heiligheid en Dimensie 4 = Die Allerheiligste.

Afskrifte van foots of die sonde kan neergeskryf word op ‘n stukkie papier en dan in die vlamme geplaas word.

Sonde soos: Haat, trots en meer emosionele sondes. All fisiese sondes moet items wees wat in die vuur geplaas word. Die kandidaat sal begin huil as hulle die goed sien brand. Vergifnis sal ontvang word en die persoon sal nou totaal en al vry wees van sonde. As daar geen trane is nie, is daar geen vergifnis. Daar moet een of ander vorm van hartseer plaasvind.  ‘n Diep impak is op die siel gemaak en ‘n denkpatroon veranderinge is ontvang.

Stap 4:

Die getuie bevestig nou aan die kandidaat dat God die gebed verhoor het en Hy vergeef hulle, hulle sondes en ON vergifnis. En as hulle heeltemal oop gemaak het teenoor God, dan sal God die volgende stap doen – die Doping van die Heilige Gees. Teen hierdie stadium kan die kandidaat deur die Heilige Gees gedoop word. Want die Heilige Gees wag al vir baie lank om die kandidaat te vul en hom/haar ‘n Kind van God te maak.

Stap 5:

Van hier af sal die kandidaat dan binne die Kerk ingaan waar ‘n groep Geesgevulde Kinders van God te wagte sal staan vir hom/haar. Maak doodseker dat hierdie mense inderdaad Geesgevulde Kinders van God is wat vir hierdie nuwe kandidaat gaan bid om die Heilige Gees te ontvang.

Salf die kandidaat met heilige olie en bid vir die fantastiese Doping van di e Heilige Gees, en staan dan terug en sien die wonderwerk van Wonderwerke, gebeur.

Lees oor “die Vertroosting Doping Span” in my boek

“Not just a Spirit”

As die Heilige Gees doping nie plaasvind nie, dan is daar twee redes daarvoor.

  1. Die candidate hou nog vas aan sonde of ON vergifnis en moet beraad word. En nadat berading gegee is, moet hulle terug na die Vuur altaar toe om skoon te maak.
  2.  Die kandidaat is bang (in vrees) vir die doping van die Heilige Gees. Onseker oor wat moet volg, miskien skaam dat hulle in die Gees mag val. Verduidelik aan hulle dat die Heilige Gees ‘n sagmoedige Gees is en hulle nooit sal laat skaam kry nie. Laat die kandidaat dan op ‘n stoel sit en hou hom/haar vas en gee hom/haar ‘n drukkie, totdat daardie persoon gemaklik en gerus is. En dan ontvang die doping van die Heilige Gees.

Stap 6:

Leer die nuut Geesgevulde Kind van God oor die Gawes van die Gees, die Vrugte wat hulle moet dra en dissipelskap wat hulle moet aanvaar en om hulle bediening in die Koningkryk van God te identifiseer.

Die Vuur altaar van vandag is ‘n kombinasie van Teologie en Sielkunde wat saam ‘n fantastiese weg voorsien en die Christen werklik help wat op stap 7 en 8 van die 12 stappe na die Hemel toe, gestagneer het.

Die verlossing en die Vryheid van Bindings en vloeke is baie meer as wat enigeen kan dink. Wonderlike wonderwerke gebeur tydens die Vuur Altaar diens.


Na jou offer geoffer is, beweeg jy na die Koperwaskom toe om jou bloed bevlekte hande skoon te was.

Stap 6:
Die Doping van Water, skoon gewas deur die Bloed van Jesus en nou kan ons die Wedergebore status ontvang. Eksodus 38 v 8
Hierna beweeg jy verby die Koperwaskom en gaan staan jy voor die Heilige tent. Hierdie Heilige afdeling van die Tabernakel wat dan ook later alleenlik beskikbaar was vir die Priester wat in die Tempel gewerk het, en nie vir die algemene mens beskikbaar was nie. Enige iemand anders as die Priester self, kon net toestaan ek kyk hoe die Tempel Priester die offer gaan offer het aan God, en mag self nie in hierdie Heilige deel gegaan het nie en moes uit die hoof tent area uit gegaan het.
Maar toe Jesus aan die Kruis gesterf het, het die Heilige van die Heiliges afdeling vir ons oopgegaan deur die Gees.


Stap 7:
Bestudering van die Woord van God (Die Bybel) en lees die beloftes van God, leer meer oor die Drie-Eenheid net soos die Priester van Oud die kennis gehad het, so ook leer ons nou meer oor ons toekoms en ons lewe vorentoe saam die Drie-Eenheid.
Let wel: Dat hierdie die punt is waar ‘n groot hoeveelheid Christene vassit op hulle reis na die Hemel. Net soos in die OU Testament, is dit ook by hierdie punt waar die meeste mense terug draai.
Om Jesus as jou Redder te aanvaar, beteken dat jy ‘n mede-erfgenaam van die Heilige Afdeling word. Daardeur ontvang jy jou Priesterskap om na die volgende plek in die Tabernakel, die Heilige Afdeling in die tent voor jou, te kan beweeg.
Soos jy die Heilige Afdeling van die tent betree, is die eerste item aan jou regterkant die Tafel van Toonbrode en Wyn offer; verder na die linkerkant is die Goue Lamp Staanders; en reg voor die gordyn is die Wierook altaar.


Stap 8:
Die Tafel van Toonbrode en Wyn – die Paasmaaltyd. Op hierdie stadium word dit die Vergifnis, Genesing en Verlossings maaltyd genoem. Eksodus 37 v 10-16
Exo 37:10 Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en ‘n el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
11 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ‘n goue krans gemaak rondom.
12 Hy het ook daarvoor ‘n lys van ‘n handbreed gemaak rondom; en hy het ‘n goue krans vir die lys gemaak rondom.
13 Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.
14 Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
15 Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.
16 En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.
Die Goue Lamp Staanders: Bou geloof in jou lewe – 7 vlakke van Geloof. Eksodus 37 v 17-24
Die Wierook altaar = Gebed, Lofprysing en Aanbidding. Eksodus 37 v 25-29
Exo 37:25 En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; ‘n el was sy lengte en ‘n el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.
26 En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. En hy het daarvoor ‘n goue krans gemaak rondom.
27 Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
28 En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.
29 Hy het ook die heilige salfolie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos ‘n salfmenger dit maak.
Slegs ‘n klein persentasie maak dit tot by hierdie punt om verder voort te gaan.

Stap 9:
Alleenlik wanneer jy sonder sonde en vry van onvergewensgesindheid is kan jy die Doping van die Heilige Gees ontvang.
Agter die Wierook Altaar is die Hoof Gordyn wat die Heilige van die Heiliges (ook die Allerheiligste) afskort. Hier was die Ark van God gehou = die Teenwoordigheid van die Almagtige God.
Voorheen kon slegs die Hoë Priester agter die gordyn gegaan het en ook net een maal ‘n jaar om die Bloed van die offer op die Ark van God te besprinkle. En selfs dan moes hy sy oë toe gehou het, anders as hy sy oë oopgemaak het of selfs net aan die Ark van God geraak het, het hy oombliklik gesterf.
Maar nou is hierdie area oop vir ons en die proses om tot hier te kom word die Doping van die Heilige Gees genoem. Toe Jesus aan die Kruis gesterf het, het God hierdie gordyn van bo na onder oopgeskeur vir díé wat hierdie stappe volg.
Stap 9: Die Doping van die Heilige Gees. Sien ook die Openbaring boek getitel: ―Not just a Spirit‖
Nadat jy die Doping van die Heilige Gees ontvang het en jy die Allerheiligste ingegaan het, sal jy die Ark van God sien. Dit verteenwoordig die Glorie en Teenwoordigheid van God Almagtig.

Stap 10:
Aanvaar jou Dissipelskap, van Jesus af volgens Matteus 28 v 19.
Mat 28:18 En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.
19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
20 En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen.
Jesus het aan Sy dissipels opdragte gegee om te gaan wag vir die Doping van die Heilige Gees – Om vir die Vertrooster te wag. Soos in Handelinge Hoofstuk 2
Daarna het Hy hulle bevel gegee. Soos ons sien in Matteus 28 v 19
Nadat jy hierdie bevel van Jesus aanvaar het, kan jy nou gaan en voor die Ark van God gaan staan en die Glorie van die Hemel aanskou. Maar jy moet sterwe (die 1ste Dood) om die volle Glorie van God te sien = Die Ewige Lewe. Of die Ewige Straf!
Jy moet nou goedgekeur word om die Hoofstad van die Koningkryk van God, genaamd die Hemel, die Paradys of Tuin van Eden, in te gaan.

Stap 11:
Ontvang die Merk van God = Die Seël van God wat jou seël vir die Ewigheid. Dit is om goedkeuring van die Heilige Gees te ontvang om die Hemel in te mag gaan.
Sien ook die volgende Openbaring boek ―Are you Heaven ready‖.
Dan die Ark van God (Ewige Lewe) Eksodus 37 v 1-9
Exo 37:1 En Besáleël het die ark van akasiahout gemaak; twee en „n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte, en anderhalf el sy hoogte.
2 En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan ‘n goue krans gemaak rondom.
3 En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, só dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.
4 En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;
5 en hy het die draaghoute in die ringe gesteek aan weerskante van die ark om die ark te dra.
6 Hy het ook „n versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en „n half el was sy lengte, en anderhalf el sy breedte.
7 Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.
8 Een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.
9 En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle aangesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.

Stap 12:
Ontvang en gaan die Ewige Lewe in na die Groot Wit Troon Oordeel.
Ons sien dat volgens die Plan van die Tabernakel in die Ou Testament, dat hierdie stappe ‘n spieëlbeeld stap-vir-stap is soos die Nuwe Testament se Nuwe Verlossingsplan wat vir ons gegee is.
Ons moet hierdie stap-vir-stap volg om eendag die Hemel in te kan gaan.
(Sien HIER BO die tekening van die Tabernakel plan)

Gaan Terug na Hoofblad

Begin by Stap 1 na die Hemel