Stap 1 na Hemel

‘n Sondaar in ‘n Wêreld vol sonde, sonder God

Elke stap is van uiterse belang en moet ten volle voltooi en bemeester word, voordat jy na die volgende stap toe kan beweeg in jou geestelike lewe.
Nie een enkele stap kan oorgeslaan word nie, of gemis word nie, of enigsins half hartig gedoen word nie. Ieder en elke stap moet 100 % gedoen word, voordat jy kan aan beweeg na die volgende stap in die gees.
Die hartseerste van dit alles is dat slegs ‘n handjievol Christene die bokant van die stel trappe, wat die Hemel is, sal behaal. Meeste behaal nie eers stap 10 van hierdie openbaring nie.
‘n Baie groot persentasie Christene sal nie Stap 11 bereik nie, en sommiges sal selfs struikel en van die trappe afval terug tot op die vloer.

Maar as jy dit eendag tot in die Hemel wil maak dan moet jy elke stap 100% bemeester. En dan beweeg jy nader en nader aan God en die Hemel.
Die Verlossingsplan is niks nuut nie, maar slegs ‘n spieëlbeeld van die oorspronklike verlossingsplan van die Ou Testament wat die plan van die Tabernakel van God volg. Ook is dit dieselfde plan van die Tempel van God wat later deur God aan Moses gegee is.
Kom ons begin nou ons reis na die Hemel.
Almal begin op die vloer:
Sonder God in ‘n Wêreld vol sonde!

Efes 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
Kom ons beweeg na Stap 1, op die pad na die Hemel.

Stap 1: Erken jy is ‘n sondaar.
Jy moet hierdie stap self neem en jy moet erken dat jy as ‘n sondaar in ‘n sondige wêreld sonder God lewe. Jy moet besef dat as jy voortgaan om sondig te lewe dat jy nooit die Hemel sal bereik nie.
Erkenning is stap nommer 1.

God, ek is ‘n sondaar, en ek besef dat met hierdie sonde in my lewe sal ek nie naby U kan lewe nie! En ek sal ook nooit die geskenk van die Ewige Lewe kan ontvang nie.
Ek weet dat ek nodig het om op te hou sondig en dat ek nodig het om U omvergifnis te vra vir my verlede oortredings. Ek het nodig om Jesus Christus in my hart in te nooi om in te kom en my gedagtes en my gees reinig te kom maak van alle sondes van my verlede.
Wat is sonde? Sonde is alles wat tussen jou en God staan. Met sonde in jou lewe, sal God nie deel van jou lewe wees nie.
Ja, God is lief vir jou! Maar Hy hou nie van sonde nie en daar is geen verhouding tussen jou en God as jy voortgaan in jou sondige maniere nie. Jy moet die verhouding tussen jou en God herstel.
Deur hierdie stap te neem!

Alle mense het gesondig.
Rom 3:23 want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
Sonde is versoeking.
Jak 1:15 Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Sonde begin in die verstand.
Mat 5:27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.
Mat 5:28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ‘n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
God moet sonde straf.
Exo 32:34 Maar gaan nou en lei die volk waarheen Ek jou gesê het. Kyk, my engel sal voor jou uit gaan. Maar die dag as Ek besoeking doen, dan sal Ek hulle sonde oor hulle besoek.
Ons behoort nederig ons sondes te bely.
2 Sa 24:10 Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die HERE gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; HERE, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.
11 Toe Dawid die môre opstaan—die woord van die HERE het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:
12 Gaan heen en spreek met Dawid: So sê die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek jou dit kan aandoen—
13 toe het Gad by Dawid gekom en dit aan hom bekend gemaak en aan hom gesê: Wil jy dat daar sewe jaar lank hongersnood in jou land kom, of wil jy drie maande lank vlug voor jou teëstanders uit dat hulle jou agtervolg, of moet daar drie dae lank pes wees in jou land? Ondersoek nou en sien watter antwoord ek my Sender moet bring.
14 Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
15 En die HERE het ‘n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Berséba het daar van die volk sewentig duisend man gesterwe.
Sonde lei tot die ewige dood.
Esr 9:5 Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieë my gebuig en my hande uitgebrei na die HERE my God
6 en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog.
7 Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in ‘n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.
8 En nou was daar vir ‘n klein oomblik genade van die kant van die HERE onse God, om vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons ‘n pen te gee in sy heilige plek, sodat onse God ons oë verhelder het en ons „n bietjie verademing geskenk het in ons diensbaarheid.
9 Want slawe is ons; in ons slawerny egter het onse God ons nie verlaat nie, maar Hy het ons guns laat vind voor die konings van Persië, sodat hulle ons verademing geskenk het om die huis van onse God weer op te rig en sy puinhope te herstel en ons ‘n muur te gee in Juda en Jerusalem.
10 En wat sal ons nou ná hierdie dinge sê, onse God? Want ons het u gebooie verlaat
11 wat U deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: Die land waar julle inkom om dit in besit te neem, is ‘n onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit van die een end tot die ander vervul het in hulle onreinheid.
12 Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in ewigheid.
13 En ná alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld—want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons
ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee
14 sal ons weer u gebooie verbreek en ons verswaer met hierdie gruwelike volke? Sal U nie op ons vertoorn wees, totdat ons vernietig is, sodat daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie?
15 HERE, God van Israel, U is regverdig; want ons het as vrygeraaktes oorgebly soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld voor u aangesig, want niemand kan om sulke dinge voor u aangesig bestaan nie.

Sondes gaan oor tot die dood.
Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
God sal ons, ons sondes vergewe as ons vergifnis vra.
1Jn 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
In sonde is ons sonder God.
Efes 2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.
Mens het ‘n sondige natuur.
Gen 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,
3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie;
5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.
6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja, ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet.
7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak.
8 En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.
9 Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy?
10 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg.
11 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie?
12 En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.
13 Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.
14 Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.
16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers.
17 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
18 Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet.
19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

God vereis ‘n skoon hart; ‘n rein hart.
Psa 51:12 Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.
Die Vlees bring voort Sonde; Die Gees bring voort Vryheid van sonde.
Rom 8:1 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.
2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.

Neem die Volgende Stap saam met my en Bid die gebed

GEBED

God, ek is ‘n sondaar, en ek besef dat met hierdie sonde in my lewe sal ek nie naby U kan lewe nie! En ek sal ook nooit die geskenk van die Ewige Lewe kan ontvang nie.
Ek weet dat ek nodig het om op te hou sondig en dat ek nodig het om U omvergifnis te vra vir my verlede oortredings. Ek het nodig om Jesus Christus in my hart in te nooi om in te kom en my gedagtes en my gees reinig te kom maak van alle sondes van my verlede. Wees my Genadig en Ontmoet my op die Pad wat ek tans gaan neem , Amen en Amen

Stap 2 na die Hemel