Jy kan dit doen

Die Pad na Paradys:

Mat 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf     lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 

14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. 

15  “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. 

Hierdie woorde van Jesus Christus

Dit is vreeslik hartseer, dat ‘n groot persentasie mense en selfs ‘n nog groter getal Christene die Hemel nooit sal haal nie.

Die finale eindbestemming van ons geloof

Hierdie verklaring bring altyd ‘n magdom argumente in verskeie kerke voort. Daar word dan aan die Onderwyser gevra “Hoe kan u so sê dat ‘n groot persentasie Christene nooit die Hemel sal sien nie?” Ja, dit is hartseer dat slegs ‘n handvol die Nuwe Jerusalem, die Hoofstad van die Hemel in God se Koningkryk, sal bereik.

Waarom het Jesus dit gesê?

Dit is baie eenvoudig.

Om die volkome Gees gevulde, kind van God te word, is nie ‘n maklike taak nie. Dit is waar dat nie almal wat hulself ‘n Christen noem die Hemel eendag sal sien nie.

Daar is miljoene Christene reg oor die wêreld; die meerderheid van ons word slegs “Christene” genoem omdat ons in ‘n Christelike gesin of ‘n Christelike Land soos Suid-Afrika, gebore is.

Maar die meerderheid van ons Christene het nie ‘n verhouding met die Titel houer van die naam Christenskap = Jesus Christus nie.

Ja, ek is ‘n Christen en woon in Suid-Afrika. Ek ken die eerste demokratiese President, Mr. Nelson Mandela. Maar ek het nog ooit ‘n verhouding met hom gehad nie. Maar ek ken Jesus Christus, met wie ek nog nooit ‘n aangesig tot aangesig ontmoeting gehad het nie, maar die verskil is dat ek ‘n verhouding met Jesus het.

As jy nie ‘n verhouding met die 3 Persone van die Drie-eenheid, God die Vader, Jesus Christus die Seun en die Heilige Gees, het nie, sal jy nie die Hemel bereik nie. EN dit is ‘n feit.

Die waarheid is dat niemand die Koningkryk van God kan ingaan, sonder om weer gebore te word uit water en uit die Gees nie.

In Jesus se eerste preek op die Berg het Hy ons die wet van die Hemel gegee, genaamd die SALIGSPREKINGE (In Engels word dit mooi uitgedruk as die “BEATTITUDES” en ons kan ook dan nou sê dit is ‘n lys van “ATTITUDES” (houdings) wat ons nodig het om te “BE”(word) = BEATTITUDES

Hierdie reels en regulasies moet gevolg word om ‘n Burger van die Hemel te word.

Matt 5 v 1-12

 Ons moet hierdie lys van HOUDINGS + WORD, voordat ons die Ewige Lewe of Burgerskap van die Koningkryk van God, kan verkry.

En dan laastens “WORD” ons ook “apart gestel as Heilig vir die Here”.

Regdeur die Bybel vind ons baie riglyne wat ons kan volg om te verseker dat ons, ons finale eindbestemming sal bereik. Die pad na die Paradys is genoem die weg na die Ewige Lewe en die Tuin van Eden.

Jesus het nog ‘n verklaring gemaak.

Mat 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die Koningkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. 

22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? 

23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”

Sal alle Christene die Hemel bereik? Sal alle Christene die Heilige Stad ingaan? En sal alle Christene die Ewige Lewe ontvang?

NEE!

Ons almal ken die Goeie Nuus Evangelie van Jesus Christus. En dit is die waarheid. Ons almal weet dat ons eindbestemming net één van twee kan wees.

Hemel of Hel

Maar die grootste en mees bedrieglikste en misleidendste leuen in die Heelal is wanneer daar vir jou vertel word dat jy die Hemel sal bereik terwyl jy in werklikheid in die verkeerde rigting in beweeg. Hierdie leuens saam met die valse en misleidende informasie word deur die Satan en sy volgelinge aan mense vertel. En die leuen is;  “dat jy met jou lewe kan voortgaan in sonde, en dat God se genade vir jou genoeg is. Moenie bekommerd wees nie, jy sal die Hemel haal.”

Maar in werklikheid is jy nie eers naby die regte pad wat na die Paradys toe lei nie.

Hierdie leuen van Satan het sowat ± 2000 gelede begin en is steeds besig om baie Christene te mislei.

Die grootste misleiding ooit is om Christene te maak glo dat hy/sy oppad is na die Hemel. Satan sal jou verskeie padkaarte en verlossings planne wys. Maar almal van hulle is misleidend en jy sal die Hemel met kilometres mis.

Satan sal die waarheid verander en aanpas, of eerder verdraai, op so ‘n wyse dat dit tots die beste Christene sal mislei. En dit sal die rede wees waarom jy die pad na die Paradys sal mis.

Ja, Satan verander die verlossings plan om ons as Christene te mislei.

Hoe kan ons dan toelaat dat hierdie uitgedrewe en gevalle engel, ons kom ontwortel van ons ware eindbestemming na die Hemel wat die Hoofstad van die Koningkryk van God is?

Dit was die hoofsaaklike rede waarom Jesus gebid het tot die Vader om vir ons die Vertrooster te stuur, om ons na die Hemel te lei.

Sonder die Doping van die Heilige Gees en die Vertroosting en Leierskap Krag van die Gees van God kan ons baie maklik ontwortel word en deur Lucifer mislei word, totdat ons die duiwel self sou volg en saam met sy demone en volgelinge in die poel van vuur gewerp sal word (Hel).

Huidiglik is Satan self ook besig om die Doping van die Heilige Gees te na-aap. Christene glo dat hulle werklike met die Heilige Gees gedoop is, terwyl hulle nie is nie. Die valse Profete doen hulself voor as die Engel van die Lig. Of soos Jesus dit gestel het in Mat 7:15  “Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.”

Dit is ook die rede vir hierdie Openbaring vanaf God. So ook in die volgende boek getiteld “ Not just a Spirit”.

Ons moet terug gaan na die oorspronklike plan van God. En ons moet dit stap vir stap volg.

Die oorspronklike verlossingsplan van God is vir ons gegee in die Ou Testament en in die Nuwe Testament vind ons die presiese replika daarvan (‘n stap vir stap Verlossingsplan).

Dit word genoem die Tabernakel van God asook die Goeie Nuus Verlossings plan.

Ons moet die 12 stappe na die Hemel volg en dit bemeester tot in die fynste detail. En hierdie stappe moet ons stap-vir-stap volg totdat ons bestemming, die Hemel, bereik is.

Ons kan dit nie bekostig om mislei te word nie. Ons moet ons finale eindbestemming deur hulp van Jesus Christus en die Gees van God se leiding, bereik

Ons, ek en jy, moet in die Hemel opeindig. Dit is eintlik waaroor Christenskap gaan. Om saam ons Meester en Redder = Jesus Christus te wees in die plek wat Hy gegaan het om vir ons voor te berei.

Wil jy die Hemel bereik?

As jou antwoord JA is!

Kom en neem die stappe een vir een saam met my. Dit is nie ‘n maklike pad nie, maar die eindbestemming is ‘n verstommende, beeldskone plek.

“Hou my hand, en ek sal by jou wees” sê Jesus.

Kom ons neem die Stappe saam.

Nog ‘n verklaring van Jesus

Joh 3:5  “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie”.

Terug na die Tuisblad

Kom ons beweeg na Stap 1 na die Hemel