Stap 2 na Hemel

Draai weg van sonde.

Jy het nou aan God en jouself erken het dat jy ‘n sondaar is, en nou moet jy die besluit maak om weg te draai van sonde af. Jy moet nou die keuse maak om ‘n 180 grade draai te maak weg van sonde af en na God toe; in die rigting van die Kruis. ‘n Paar stappe sal in hierdie proses geneem word; Aanvaar Jesus, Vergifnis en dan uiteindelik die skoon was van alle sondes van jou lewe deur die Water Doping.
In hierdie stadium op die pad na die Hemel behoort daar een of ander vorm van emosie te wees in die vorme van trane, hartseer en/of berou.
Praat met God in gebed en wees opreg en maak jou hart oop teenoor Hom. Erken al jou sonde aan Hom, en vra Hom om jou te help met die oorwinning van sonde en om van sonde af weg te loop.
Die Trane van hartseer en berou word in die geestes wêreld die Wedergebore genoem. Jou gedagtes en gees word nou skoon gemaak en jy word vrygelaat van die bindings van sonde.
Jy gaan voel of ‘n las van jou skouers afgehaal is en jy gaan soos ‘n nuwe persoon voel.
Jy ontvang nou ‘n skoon bladsy in jou lewensverhaal van God af. Maar jy moet jou leefstyl van nou af verander en jy moet weg loop na die teenoorgestelde rigting van sonde af weg.
Op hierdie stadium sal jy altyd die stem van die grootste bedriëer hoor – Satan sal jou nou ‘n lys van dinge vertel om jou te belemmer om voort te gaan na die volgende stap. Ondermeer sal hy jou dinge vertel soos: Hoe kan jy verwag dat God jou sal vergewe vir al die vreeslike dinge wat jy in sonde gedoen het, of hy sal jou vertel dat jy nie so maklik net van sonde af kan wegloop nie.
Onthou: God het jou ‘n skoon begin gegee, en niemand sal ooit hierdie dinge teen jou kan bring nie. Hy het hierdie sonde so vêr soos die weste van die ooste is, van jou af verwyder. Ja, Satan sal jou altyd kom herinner van jou verlede. Maar al wat jy moet doen is om hom van sy toekoms te herinner. Volgens Openbaring 20: Satan jy sal in die poel van vuur (Hel) gewerp word en jy sal tot in ewigheid gepyning word.
Draai weg van jou verlede en sondes af weg en stap na Jesus Christus toe, sonder om ooit weer terug te kyk.
Hier is paar voorbeelde van sonde:
Die Tien Gebooie.
Exo 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:
2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.
7 Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.
9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
10 maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
13 Jy mag nie doodslaan nie.
14 Jy mag nie egbreek nie.
15 Jy mag nie steel nie.
16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.
17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.
Die Vrugte van die vlees = Sonde.
Gal 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
21 afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.

Neem die Volgende Stap saam met my , Bid die gebed

GEBED

Here ek besef ek moet nou wegdraai van sonde en my sondige lewe , ‘n 180 grade draai met sonde agter my en die Kruis van Jesus voor my . Here ontmoet my by die Kruis , ek wil nie meer aangaan in sonde nie , want dit lei na die Ewige verderf ! Amen en Amen

Stap 3 na die Hemel