Stap 10 na Hemel

Aanvaar jou Dissipelskap.

Die Groot Opdrag van Jesus soos in Matt 28 v 19
Gaan (Nadat julle in Jerusalem vir die Doping van die Vertrooster gewag het en die Doping van die Heilige Gees ontvang het) en maak nuwe dissipels van elke Nasie. Leer hulle al die dinge soos Ek julle geleer het ( Neem en lei hulle deur die 12 stappe na die Hemel) en wees verseker hiervan. ( Maak doodseker hulle bereik Stap 9 en wees hulle leidsman sodat hulle stap 10 bereik) Lei hulle na Jesus toe en assisteer hulle tot by die Doping van die Heilige Gees.
Die 3 + 9 = Hoofstuk.

Loop saam hulle tot by Stap 10 en hou aan bid vir hulle sodat hulle Stap 11 in hulle Geestelike lewe bereik.
En sodat hulle ook uiteindelik die Hemel, ons finale Huis, sal bereik.

Gees gevulde Kinders van God moet nuwe dissipels maak.
Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Christus se volgelinge word geken deur hulle liefde.
Joh 13:35 Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.
Christene is veronderstel om ander Christene te help op hulle pad na die Hemel toe.
Hand 14:21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en ‘n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë,
22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sê: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.

  1. Maak nuwe Dissipels van alle Nasies.
  2. Lei hulle tot by Jesus.
  3. Doop hulle in water.
  4. Doop hulle in die Heilige Gees.
  5. Leer hulle alles wat Jesus jou geleer het.
  6. En maak seker hulle bereik die Hemel.

Aanvaar Dissipelskap.

Geesgevulde Kinders van God ontvang en aanvaar Dissipelskap.

Daar is ‘n groot aantal Bedieninge in die Koningkryk van God maar Geestelike werkers/Dissipels is die mees belangrikste noodsaaklikheid in die Koningkryk van die Hemel.

Hulle werk in die kraamsaal in die Koningkryk van God. Ja, almal van ons as Christene het nodig om Dissipelskap te aanvaar en vandaar af moet ons na ons Bedieninge toe beweeg. Maar almal van ons moet werk – begin ons Bedieninge binne in die kraamsaal van God se Hospitaal.

Die plek van veranderinge, waar sondaars Wedergebore word as Christene. Teen hierdie tyd is Satan die mees aktiefste in die verlossingsproses. Hy probeer sy uiters bes vir hierdie geboorte om nie suksesvol te wees nie. Dit beteken dat ons as Dissipels van Jesus moet ten volle opgelei wees om hierdie geboorte (wedergeboorte) met uiterse sorg en liefde te kan hanteer.

Die stappe 1 tot 6 is die mees kritiekste tyd in die Wedergebore Christen se lewe. En as ons Satan in die kraamsaal toelaat, sal daar hoegenaamd geen nuwe lammertjies wees nie.

In die Groot Opdrag van Jesus af kan ons verskeie stappe in die wedergeboorte in die kraamsaal sien.

Matt 28 v 19

Die woorde: “Gaan dan heen!”

Daardie 3 woorde het sluit in verskeie stappe. Dit beteken dat ons as dissipels moet toegerus / opgelei / voorbereid word vir die belangrike diens in die Koningkryk van God.

Ons as dissipels moet heeltemal deur die 10 stappe van die 12 stappe na die Hemel werk. Ons moet elke stap volledig voltooi en bemeester.

Van stap 1 – 10 waartydens die Woord (Bybel) Kennis opgedoen word en Gedoop word in die Gees – dan eers kan ons gaan en nuwe dissipels gaan maak. As ons nie 100% voorbereid is nie, sal ons nie in staat wees om die werk in die kraamsaal tot die beste van ons vermoëns te kan doen nie, en Satan sal wen – geen nuut Wedergebore Christene sal ooit weer gebore word nie.

Hierdie is die norm in die modern Kerke van vandag. Ons het lammers wat ander lammers lei, die blindes lei die blindes en niemand kom in die Hemel nie. Dit is die meester plan van die koning van die duisternis – Satan.

Hulle neem nuut Wedergebore Christene en stoot hulle tot in die kraamsaal binne in die Bediening. En die Koningkryk van God groei dan nie.

Alle dissipels moet ten minste op stap 10 van hulle geestelike lewe wees.

In ‘n normale hospital opset kan ons nie die skoonmaker in die gang gaan haal en hom/haar in die kraamsaal indruk om die babas te vang nie. Beide die baba en die moeder sal sterwe. Nee, die personeel van die kraamsaal is hoogs gekwalifiseerd in hul beroep.

So is dit ook hoe ons as Dissipels van Jesus MOET wees.

‘n Ander fout wat ons moderne Kerke begaan, is sodra die nuwe lammertjies gebore is dan druk ons hulle in die veld in om vir hulle self te sorg. Ons organiseer groot Evangelisasieaksies en red miljoene mense, maar ons neem hulle nie verder deur die stappe nie. Ons verkry miljoene lammers, maar ons lei hulle nie tot volwasse skape nie.

En dit is wat Satan wil hê. Die beste misleiding ooit, is vir jou om te dink dat jy iemand na Jesus toe gelei het. En dan eendag wanneer jy by die Troon Kamer van God kom by die Groot Wit Troon Oordeel, dan sê jy aan Jesus: “ Ek het groot gebeurtenisse gehou en miljoene mense to by U gebring.” Maar Jesus sal dan vir jou vra: “waar is daardie miljoene mense waarvan jy praat; hoekom het hulle nie die Hemel behaal nie?”

Ek sal veel eerder een Wedergebore na die poorte van die Hemel lei, as wat ek 1 miljoen na Jesus toe lei en hulle net in die veld los waar die wolwe vir hulle wag.

As Satan ons kan kry om te glo dat ons of ons Wedergebore lammers oppad is na die Hemel, en ons glo hom, dan is hy ‘n gelukkige duiwel!

Ons moet doodseker maak dat ons Wedergebore lammers die Hemel bereik. Ons moet hulle deur die stappe neem – al 12 stappe na die Hemel. En ons kan hulle slegs los as ons seker is hulle is op stap 10. Wanneer hulle Volwasse dissipels van Jesus is en wanneer hulle reg is om nuwe dissipels te maak.

Dissipelskap is nie om miljoene lammers te maak nie. Nee, Dissipelskap is ‘n een-op-een voortsettings sisteem. Ek as dissipel van Jesus moet al die pad saam die ander persoon loop en seker maak dat hy/sy stap 10 bereik. Op stap 10 sal hy/sy Dissipelskap van Jesus aanvaar, en dan sal hy/sy weer op hulle beurt nuwe dissipels maak.

Slegs Geesgevulde kinders van God op stap 10 van hulle geestelike lewe moet toegelaat word om in die kraamsaal van die Koningkryk van God te werk. Al die ander Christene kan en sal saad draers wees.

Ons as dissipels moet die verantwoordelikheid vir die siele wat ons tegemoet kom en na Jesus toe lei, aanvaar.

Slegs wanneer die Wedergebore Christene stap 9, die Doping van die Heilige Gees bereik het, kan jy ophou om hom/haar te lei. Dit is wanneer die Heilige Gees hulle dan verder tot in die Hemel sal lei.

Elke Volwasse dissipel moet een Wedergebore Christen tot by stap 9 lei en sodra die persoon stap 10 voltooi het en self ‘n dissipel word, dan sal julle ‘n span van 2 Geesgevulde dissipels wees wat saamwerk en so sal julle groei na 4, 8, 16 en so meer.

Dit is die rede waarom daar miljoene Christene regoor die wêreld is, maar slegs ‘n handjie vol van hulle sal ooit die Hemel bereik.

Maak doodseker dat jyself op stap 10 is en lei die volgende persoon tot by stap 10. En lewe dan om tot op stap 11 te kom.

Geseël vir die Ewigheid

En maak dubbel doodseker elke stap is ten volle bemeester voordat jy na die volgende stap toe aanbeweeg. As iemand jou vra om saam met jou vir ‘n myl te loop, loop saam met hom vir 2 myle.

Die Groot Opdrag van Jesus.

Gaan (neem die stappe na die Hemel en lei die Wedergebore Christene deur die stappe na die Hemel)

Dan heen (Wees ‘n volwasse dissipel, Geesgevulde Kind van God, wat verantwoordelikheid aanvaar het vir die siele wat jy na die Hemel toe gaan lei)

En maak nuwe dissipels van alle nasies. En doop hulle in die Naam van die Vader (Die water doping)

En in die Naam van die Seun ( gewas in die Bloed van Jesus Christus)

En in die Naam van die Heilige Gees (Doping van die Heilige Gees).

En leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Leer die nuwe dissipel)

En maak seker hiervan (maak doodseker dat hulle die Hemel bereik).

Stap 11 na die Hemel