Stap 11 na Hemel

Ontvang die Merk (Seël) van God tot die Ewige Lewe.

Om te Lewe met Ewigheid in my gedagtes – Maak nuwe dissipels, laat toe dat die Heilige Gees jou lei en vertroos, bou in die Gees, Dra die Vrug van die Gees wat jy ontvang het, Gebruik jou Gees gevulde vermoëns, wys die Karakter van die Drie-Eenheid tussen jou Familie, vriende en baie belangrik; jou vyande. Gebruik jou Gawes van die Gees binne die Liggaam (Kerk) van God om die Koningkryk van God te bou.
En maak seker jy ontvang die ―Merk van God‖ sodat jy ― Apart gestel kan word as Heilige van die Here‖ verseël met die 999.
Heilig, Heilig, Heilig, tot die Almagtige God.
Jy kan dit net sing na die Groot Wit Troon Oordeel saam met die res van die Hemel.
Ewige lewe is slegs vir dié wat die wil van God doen.
Mat 25:46 En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.
Die regverdiges sal die Ewige lewe verkry.
Joh 3:15 sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Bose mense sal die ewige straf ontvang.
Joh 5:28 Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom „n uur wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor
29 en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling.
Jesus het gekom on ons die Ewige Lewe te gee.
Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Joh 11:25 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
Jesus is die Ewige Lewe!
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie Ewige Lewe kom van God af.
Tit 1:2 in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,
Efe 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Ewige Lewe gee ons Hoop.
Tit 3:7 sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.

Die Stap sal nog Plaasvind – In die Toekoms

Stap 12 = Die Hemel