Stap 12 = Hemel

Die Ewige Lewe – Hemel ons Huis.

Daar is slegs 2 maniere om in die Hemel te kom –
Wanneer jy Stap 11 in jou Geestelike lewe bereik het, is dit natuurlike vir jou om na die volgende stap te beweeg en dit is om die Wêreld te verlaat.
Die eerste manier om in die Hemel te kom is deur om dood te gaan en die tweede manier is deur die Wegraping as jy nog lewe wanneer Jesus terug kom om Sy Bride te kom haal en Huis toe te neem na die plek wat Hy vir ons gaan voorberei het.
Stap 12 na die dood – die eerste dood soos genoem in God se Woord.
Na die Great Wit Troon Oordeel, wanneer die finale boek deur die Lam van God (Jesus) geopen word. En dit is wanneer jou finale eindbestemming geopenbaar sal word.
Hemel of Hel
Maar as jy hierdie stappe volg en dit bemeester tot in die fynste detail, dan sal die Hemel jou volgende Tuiste wees.
Jesus gaan ons die skitterende prag van die Hemel wys.
Openb 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
15 Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal sy tent oor hulle oopspan.
16 Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;
17 want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee.
Slegs ‗n paar gaan die Hemel vind.
Mat 7:13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Slegs die Regverdige mense sal die Hemel ingaan.
Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
2Kor 5:2 Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,
Jesus is tans besig om ‘n plek vir jou in die Hemel voor te berei.
Joh 14:2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.
4 En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.

Ons lewens sal nie volledig wees sonder die Hemel nie.
2Kor 5:2 Want om hierdie rede sug ons ook en verlang om met ons woning uit die hemel oorklee te word,
Ons het positiewe vooruitsigte vir die Hemel.
Kol 3:1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
3 Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
4 Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
5 Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
Die Hemel is ons Huis!
2Pe 3:13 Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en „n nuwe aarde waarin geregtigheid woon.
Eendag sal ons saam met God in die Hemel wees.
Openb 22:5 En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.
Volgens Jesus in Johannes 3 vers 3
Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.
En weer in Johannes 3 vers 5
Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Ons sal nie in staat wees om die Koningkryk van God te kan sien nie en geen een sal die Koningkryk van God kan in gaan – hierdie wys vir ons die twee belangrike aksies van die Wedergebore prosesse in die Geestelike lewe.
As jy al ooit die Geboorte van ‘n Baba aanskou of selfs al ervaar het, sal jy in staat wees om die 12 stappe na die Hemel met hierdie Godgegewe proses te kan vergelyk. Jy sal in staat wees om elke fase van die baba se geboorte met die stappe wat jou na die Ewigheid gaan lei, te kan vergelyk.
Die modern Wêreld se Kerk verstaan nie hierdie proses ten volle nie – die proses van die weer-geboorte – hulle dink die wedergeboorte eindig by die doping van water nadat jy Jesus Christus aanvaar het in jou lewe. Dan noem hulle die persoon ‘n wedergebore Christen.
Dit is ook net na hierdie punt wat die Kerk die nuut wedergebore Christen alleen laat om vir hom/haarself te sorg.
Nee! Die proses van die wedergeboorte is nog nie voltooid nie, en die nuut, wedergebore kind kan nie alleen gelaat word om vir hom of haarself te sorg nie.
Daar is prosesse en aksies wat moet plaasvind om te verseker dat dit ‘n suksesvolle geboorte is. Ons gaan nou weer kyk na die planne van die Tabernakel van God wat in Hoofstuk 3 bestudeer is. God het die stappe van die wedergeboorte gegee – en hoe om dit met sukses doen.
Dit kan vergelyk word met die geboorte van ‘n mens.
As jy die 9 maande proses van die begin af tot by die werklike geboorte van ‘n baba volg, dan sal jy die volgende sien: Die fetus lewe in die baarmoeder van die moeder en vir die eerste 8 maande tydperk is die fetus in ‘n regop posisie. Eers in die 9de maand begin die baba om te draai en beweeg dan, met die koppie eerste, in die geboorte kanaal in. En dan eers is die baba gereed om gebore te word. Die water in die baarmoeder moet breek, voordat die geboorte pyne werklike eers begin. Die plasenta is hier nogsteeds vasgeheg aan die naelstring. Sodra die baba in die Dokter se hande is na die geboorte, dan word die naelstring (koord) wat die moeder en die baba aan mekaar heg, geknip.

Let wel: dat hierdie alles nie beteken dat die geboorte nou ‘n sukses was nie, NEE!
Die baby haal nog nie asem by hom/haarself nie; want die baba se longe moet nog met suurstof gevul word. Soms het die baba hulp nodig – met ‘n klap op die boudjies. Die baba moet by hom/haarself asem haal. En dit gebeur gewoonlik wanneer die baba begin huil!
Sodra die baba begin huil dan is almal gerus: die ouers, die mediese span en die Dokter.
Die baba is gebore en die geboorte was ‘n sukses!
En net soos hierdie proses moet die 12 stappe na die Hemel ook voltooid word.
Die 8 maande wat die fetus in die baarmoeder van die moeder is kan vergelyk word met die eerste 8 stappe van die 12 stappe na die Ewigheid.
En stap 9 bestaan uit die geboorte proses – 5 aksies vind plaas in die mens se geboorte.

  1. Water breek,
  2. Die geboorte pyne,
  3. Die werklike geboorte,
  4. Die naelstring (koord) word geknip en
  5. Laastens kom die eerste asem, hierdie stap is die Doping van die Heilige Gees.
    Sodra die baba gebore is, en die geboorte was suksesvol, dan word die baba in sy moeder se arms geplaas en die band tussen moeder en kind kan begin.
    In die mediese wêreld is die oomblik waar die baba sy eerste asem haal genoem die ― die baba ontvang sy gees‖
    Dit is ‘n teken van lewe! So ook is dit met die Doping van die Heilige Gees.
    Nou ontvang die Christen sy titel van
    “Wedergebore, Geesgevulde Kind van God”

    As die baba nie by hom/haarself asem haal nie, dan sal dit doodgaan.
    Dieselfde samevatting gebeur in die geestelike lewe; die Christen kan nie op stap 7 of 8 bly vir lank nie. Hulle moet aanbeweeg na stap 9 so vinnig as moontlik.
    Ek het dit seker al genoem, maar in die 1960 – 1970 in die eerste Pinkster kerk in Suid-Afrika was daar ‘n reel;
    Sodra ‘n persoon Jesus Christus in sy hart en siel aanvaar het, was hy/sy nie toegelaat om die kerk perseel te verlaat voordat hy/sy die Doping van die Heilige Gees ontvang het nie. Selfs al het dit beteken dat hulle vir ‘n paar dae moes afneem by die werk. En slegs dan, wanneer die Doping bevestig is, was die Wedergebore, Geesgevulde Kind van God in staat om terug in die sondige wêreld in te gaan. Want nou kon hulle, toegerus met die Leier en Vertrooster van die Hemel, ―Die Heilige Gees‖, die sondige wêreld in stap.
    Ongelukkig het hierdie lewens veranderlike reel verdwyn met die behulp van Satan.
    Maak seker dat jy so gou as moontlik jou nuwe siel na stap 9 toe lei. Nadat jy hom of haar behoorlik opgelei het om ‘n nuwe dissipel te word, dan eers kan jy verseker wees van ‘n suksesvolle geboorte. En nou kan jy aanbeweeg na ‘n nuwe kraamsaal toe.
    Kyk na die nommer 9.
    9 maande neem die Mens se geboorte proses.
    9 is die nommer van die Heilige Gees
    En volgens die mediese rigting, is daar 9 fases van ‘n baba se geboorte.
    Dit is nie toevallig nie!
    Die boodskap is: hierdie is die reël van die natuur en kan met die 9 stappe van die Doping van die Heilige Gees vergelyk word.
    Dan stap 9. Die baba haal asem en sy longetjies word met suurstof gevul. Hierdie is die norm in die geestes wêreld ook. Sodra die persoon met die Gees gevul word, sal hy of sy lewe om die Hemel eendag te sien.

    Ons moet besef dat hierdie 9 maande geboorte proses alleenlik +- 10 % van die baba se lewensverwagting is.
    Dit is dieselfde in ons geestelike lewe. Ons lewens as Christene begin eers wanneer ons die doping van die Gees ontvang het. Tydens die doping word ons gevul met ‘n kombinasie van die sewe Geeste van God, wat die Karakter van God en Jesus vir ons bring, asook ontvang ons ‘n leër van Gawes en Vrugte van die Gees. Ons ontvang ook die vermoëns om ons bedieding uit te kan voer; en dit alles ontvang ons van die Hemel af.
    Hierdie is alles deurgegee en Verduidelik in God se openbaring aan my in my boek ―Not just a Spirit
    Die Koningkryk van God is die tydperk waarin ons naby aan God is, maar steeds op die aarde lewe.
    Die Koningkryk van die Hemel is na die eerste dood, en net na die Groot Wit Troon Oordeel.
    Die pas-wedergebore kan nou net die Koningkryk van God sien nadat hy/sy Jesus Christus as sy/haar persoonlike redder aanvaar, en ook die water doping ontvang het. (Stap 3 en 6 van die 12 stappe na die Hemel) Dit is baie duidelik dat ons slegs die Koningkryk sal ―sien‖ en nie sal in gaan nie.
    Nadat die pas-wedergebore die Doping van die Gees ontvang het, sal hy/sy nou in staat wees om in die Koningkryk van die Hemel in te gaan.
    Is dit nie dan wat Jesus bedoel het toe Hy aan Nikodémus in Johannes 3 vers 3 gesê het; Sien die Koningkryk van God.
    En weer in Johannes 3 vers 5, sê Hy; die Koningkryk van God in gaan.
    Ons ontvang dieselfde bevestiging wanneer ons na die planne van die Tabernakel van God se Tempel, kyk.
    Die Koningkryk van God = die binne-tent van die Tabernakel.
    Die Heilige gedeelte en die Allerheiligste gedeelte word afgeskort deur die hoof gordyn.

    Die Koningkryk van die Hemel = Die Ark van God – verteenwoordig die Hemel.
    Maar die waarheid in al hierdie is; as jy nie sonde-vry is nie, sal jy nie die Koningkryk van die Hemel in gaan nie, want geen sonde word in die Heilige, Heilige, Heilige stad van God toegelaat nie.
    Jy moet die titel hê;
    ―Wedergebore, Geesgevulde, Kind van God, geseël deur die Heilige Gees met die Merk van God, toegelaat om die Hemel in te gaan;
    Ja, jy moet vir ‘n geruime tyd, vry van sonde in die Koningkryk van God wees om hierdie titel te kan verdien.
    Hierdie maak nie stappe 1-8 minder belangrik nie. Nee, al die stappe moet volkome en sonder feil geneem word om aan te kan beweeg na stap 3, 6 en 9 en al die stappe tussen-in.
    Goue stappe wat na die Koningkryk van die Hemel lei.
    Ons moet verstaan dat daar baie duidelike verskille is tussen die Koningkryk van God en die Koningkryk van die Hemel.
    Die Koninkryk van die Hemel is die finale eindbestemming binne-in die Koningkryk van God.
    Die Allerheiligste is die werklike Koningkryk van God. Wanneer jy nog aan die buitekant is kan jy net die Koningkryk van God sien.
    Dit is in die binne-tent agter die gordyn net na die Doping van die Heilige Gees waar jy verskeie vermoëns sal ontvang.
  6. Jy sal sekere Karaktereienskappe van God en Jesus ontvang.
  7. Jy sal ‘n kombinasie van die 7 Geeste van God ontvang, soos dit aan jou gegee word deur ‘Die Vertrooster Doping Span‖ oftewel die Heilige Gees wat hierdie gawes uitdeel.
  8. Jy sal die Gawes van die Gees waarmee jy gedoop is, ontvang.
  9. Jy sal die Vrugte van die Gees waarmee jy gedoop is, dra.
  10. Jy sal Dissipelskap van Jesus Christus ontvang.
  11. Jy sal jou Bediening binne in die Koningkryk van God ontvang.
  12. En jy sal van sonde af weg gelei word deur die Heilige Gees.
  13. Dan die uiteindelike Gawe wat jy sal ontvang (wanneer jy vir ‘n geruime tyd sonder vry bevind word) is om GESEëL te word vir die Ewigheid – geseël deur die Heilige Gees met die Merk van God.
    “Afgesonder as Heilige vir die Here”
    Ons werk dan as Geesgevulde dissipels in die Koningkryk van God, ons assisteer die Kerk van Christus met ons vermoëns en ons gawes. Ons maak ander dissipels en ons lei hulle tot by die Hemel, stap-vir-stap.
    En uiteindelik leer ons hulle, wat Jesus ons geleer het!
    Die Koninkryk van die Hemel kan slegs in gegaan word na die dood. En minute daarna sal jou naam in die Boek van die Lewe gelees word. Dáár sal jy saam met God en Jesus stap en tot in alle Ewigheid woon.
    Jou verklaring aan my tot en met nou
    Dit is ‘n baie moeilike pad!
    Onthou Jesus se woorde in Matteus 7 verse 14.
    Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
    Nog ‘n verklaring van Jesus in Matteus 6 vers 33
    Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
    Ons weet dat as ons die Koningkryk van God in gaan deur die Doping van die Heilige Gees, dat ons lewe as ‘n Christen dan eers begin en daarby word ‘n lys van gawes ook nog by toegevoeg.
    Jou vraag op hierdie stadium
    Wat is al hierdie dinge?

    Die antwoord: om nie bekommerd te wees oor enige iets nie, alles sal bygevoeg word.

    Voorsorg teen siektes en beserings
    Genesing, bevryding, vryheid van alle probleme, voorsiening in jou elke behoefte, beskerming, vertroosting en ‘n bron van krag, werd om aangeteken te word.
    Die Heilige Gees sal optel, aanmoedig en vertroos.
    Opsomming: Wat anders het jy in jou lewe nog nodig?
    As jy in die Koningkryk van God werk, sal jy versorg word deur die Koningkryk van God.
    Selfs jou gebed, lofprysing en aanbidding sal fantasties wees. Die seëninge van God sal daagliks oor jou gestort word.
    Maar maak vir julle skatte in die Hemel bymekaar.
    Jou volgende Vraag
    Wat is die skatte?
    Die antwoord: Die Wedergebore, Geesgevulde Kinders van God wat jy na die Koningkryk van God gelei het, en wat daadwerklik die Koningkryk van die Hemel bereik het.
    Opsomming: Is daar enige skat meer waardevol?
    Onthou, as dit maklik was om in die Hemel te kom dan sou almal daar gewees het!
    My vraag aan jou!
    Waar is die siele wat jy na Jesus toe lei? Is hulle nogsteeds oppad na die Hemel toe?

    Maak asseblief seker dat jy die Hemel bereik jouself, en maak dubbel seker dat jy die siele waarvoor jy verantwoordelik is in die Hemel in kry. Maak doodseker hiervan!

    In Johannes 21 verse 15 tot 17 vra Jesus vir Simon Petrus 3 vrae en gee aan hom 3 bevele.
    Die 3 bevele:
  14. Voer dan My lammers!
  15. Pas My skape dan op!
  16. Voer dan My skape!
    Voer dan My Lammers!
    Die Lammers is die Wedergebore Christene net na stap 3 waar hulle Jesus as hulle Redder aangeneem het.
    Lei hulle na – voer hulle die inligting.
    Stap 4: Geloof in die Drie-Eenheid.
    Stap 5: Gee en ontvang vergifnis.
    Stap 6: Doping van water.
    Pas dan My skape op.
    Skape = Volwasse Wedergebore Christene.
    Net na die doping van water. Beproewinge, versoeke en toetse begin.
    Help, assisteer, leer en bid gedurig saam hulle gedurende die volgende stappe wat volg.
    Stap 7: Bybel studie.
    Stap 8: Leer hoe om te bid, bou op Geloof, en voortdurende vergifnis.
    En maak seker hulle ontvang Stap 9: Die Doping van die Heilige Gees.
    Voer dan My skape.
    Geesgevulde Kinders van God. Voer hulle met inligting.
  17. Om hulle nuutgevonde karaktereienskappe, vermoëns, gawes en Vrugte te verstaan en te gebruik.
  18. Help hulle om hulle Bediening binne die Koningkryk van God te vind.
  19. Sorg dat hulle toegerus is om suksesvolle Dissipels van Jesus te word om in die Koningkryk van God te werk.
  20. Leer hulle om die Leierskap van die Heilige Gees te erken sodat hulle uiteindelik sonde-vry kan wees om met die Merk van God beseël te word

    Stap 10: Aanvaar Dissipelskap.
    Stap 11: Word geseël vir die Ewigheid.
    As jy God en Jesus liefhet, sal jy Hulle Lammers voer, jy sal Hulle Skape versorg en jy sal Hulle Skape voer!
    Lei hulle van Stap 1 tot by Stap 10 en maak seker hulle ontvang Stap 11.
    Maak vir jou Skatte in die Hemel bymekaar!
    En ek sal jou sien by die Kroning Seremonie van die Hemel,
    Lewe met die Ewigheid in my Gedagtes!

Word deel van die TruLight Familie

LEER MEER OOR DIE TYD WAARIN ONS TANS LEEF

LAAI PASTOOR DIRK SE EBOEKE GRATIS AF