Stap 3 na Hemel

Aanvaar Jesus as jou persoonlike Redder.

By hierdie stap wag Jesus in afwagting vir jou.
By hierdie stap ontmoet jy die Koning van Konings, die Here van alle here, jou Redder Jesus Christus die Seun van die Almagtige God. Moenie bang wees nie, Hy is ‘n God van Liefde. Hy sal jou met ope arms ontvang.
Hier sal jy erken dat Jesus aan die Kruis op Golgota vir jou sonde gesterf het en dat Sy Liggaam vir jou gegee is vir genesing en Sy Bloed is vir jou gegiet vir jou verlossing. Sy Bloed is die skoonmaak middel wat jou sondes weg was.
By hierdie stap gaan jy jou enigste ware vriend ontmoet. Van hierdie stap af loop jy vir die res van die pad, nooit weer alleen nie.

Jesus gaan langs jou loop.
God het Sy Seun gegee om vir ons sondes te sterf.
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Joh 6:35 En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie.
Joh 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
Joh 11:25 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;
26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
Joh 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
Hand 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.
Rom 6:23 Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.

Neem die Volgende Stap na die Hemel met die Gebed en beweeg na die volgende Stap

GEBED

Here Jesus , die Seun van die Lewende Almagtige God ek nooi U nou om my Sonde van die verlede te kom weg was met u Bloed wat U aan die Kruis geblooi het vir my sonde . ek nooi U in my Lewe in as my persoonlike saligmaker en verlosser . kom stap nou die res van die Pad met my tot dat ek u eerste opdrag van Doping van die Heilige Gees uitvoer. Dankie dat ek nou ‘n mede erfgenaam genoem kan word ‘n wedergebore , bloed gewaste Christen met U in my lewe . Amen en Amen

Maak met ons kontak ! Ons wil graag met u deel in hierdie vreugdevolle oomblik in jou lewe !

Vul u gegewens hieronder in en druk “Submit” Ons sal aan u gratis ebooks en ander hulpmiddels stuur , ons is hier vir u en sal die pad vorentoe saam u stap !

Stap 4 na die Hemel