Stap 4 na Hemel

Geloof in die Drie-Eenheid.

By hierdie stap sal jy jou mosterdsaadjie geloof ontvang, nie net alleen om te glo dat Jesus nou binne jou woon nie, maar ook om te glo in God en die Heilige Gees wat jy persoonlik sal ontmoet op stap 9 en stap 12. Dit is nodig vir jou om te glo dat die Bybel God se woorde is. En ook dat jy oppad is na die mees wonderbare Stad wat jy al ooit gesien het. En baie gou sal jy die Koningkryk van die Hemel sien. Nou gaan jy op hierdie nuutgevonde vriendskap en geloof begin bou.
Geloof is nodig vir verlossing.
Rom 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.
God is Geloof.
Efes 4:5 een Here, een geloof een doop,
Slegs ‘n klein hoeveelheid geloof is nodig.
Luk 17:6 En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees.
Geloof kom deur die gehoor, deur Bybel te lees en God se Woord uit te leef.
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
Geloof is die hoop op die dinge wat ons nie kan sien nie.
Heb 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Geloof vergesel gehoorsaamheid aan God.
Heb 10:7 Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God.
8 Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word—
9 het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel.
10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.
11 En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie;
12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God
Om in God te glo neem geloof.
Gen 15:6 En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.

Geloof plaas ons in die regte verhouding met God.
Rom 5:1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;

Bevestig Hardop by uself

  1. Ek Glo in God die Vader die Skepper van Hemel en Aarde
  2. Ek Glo in Jesus Sy seun wat vir my gesterf het aan die Kruis , wat opgestaan het op die 3rd dag en Opgevaar het na die Hemel om vir my ‘n plek voor te berei , sodat ek eendag kan wees waar Hy tans is.
  3. Ek glo in die Krag en Vuur van die Heilige Gees wat eendag ook my Leidsman en Trooster Gaan wees – Glo en Beweeg aan na volgende Stap

Stap 5 na die Hemel