Stap 5 na Hemel

Gee en Ontvang Vergifnis.

Hierdie is ‘n baie belangrike stap in enige Christen se lewe want hierdie is die stap waar ‘n groot persentasie Christene vassit op hulle pad nie die Paradys.
Hierdie stap is van uiterse belang. Hier is dit waar jy vergifnis gee en ontvang.
Om vergifnis te gee aan die wat teen jou gesondig het in die verlede, hetsy jou familie lede, vriende en selfs ook jou vyande. Hoe kan jy verwag dat God jou moet vergewe, as jy nie ander mense kan vergewe nie? Weereens sal hierdie stap ook belaai wees met emosies soos trane en hartseer. Maar dit gaan ook ‘n berg van jou skouers af haal.
As jy nie ander mense vergewe en vergifnis ontvang nie, sal jy nie na die volgende stap toe kan beweeg nie. Party mense beweeg wel na die volgende stap, maar vind gou dat hulle nie na stap 7 en 8 toe kan gaan nie en moet dan terug draai en stap 5 eers behoorlik afhandel en bemeester.
Restorering en die genesing van verhoudinge is in die orde van die dag. Gaan en kyk wie jy moet skakel en vergifnis vra. Gaan na jou naaste en gaan vra omvergifnis en vergewe mense wat teen jou gesondig het.
Jy moet skoon word in jou binneste, so stoot daardie bitterheid uit, en vergewe ander. Stel vry en word jy ook self vry gemaak deur ander. Verwyder jou siel en gees van onvergewensgesindhede.
Doen dit en beweeg aan!
God vergewe menigte sondes.

Psa 65:4 Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.
God vergewe ons omdat Hy ons liefhet.
Psa 86:5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
Die Bloed van Jesus was ons skoner as sneeu.
Jes 1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
God sal ons onreinhede verwyder.
Ese 36:25 Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig.
Ons moet die wat teen ons gesondig het, vergewe.
Mat 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.
15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Moenie slegs een keer vergewe nie.
Mat 18:21 Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?
22 Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.
23 Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met ‘n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.
24 En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.
25 En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy het, en dat betaal moet word.
26 Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.
27 En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.
28 Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.
29 Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles betaal.
30 En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.
31 En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer meegedeel alles wat gebeur het.
32 Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het;
33 moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?
34 En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.
35 So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie.
Vergewe vrylik soos God ons vergewe.
Kol 3:13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
God sal ons vergewe vir ons sondes.
1Jn 1:8 As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie.
9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
Let wel: Hierdie 5 stappe kan maklik en vinnig bereik word deur gebede en deur ‘n paar oproepe en besoeke aan mense. Teen hierdie stadium behoort jou kop te draai en jou emosies mag dalk op ‘n heel ander nuwe hoogte vlak wees. Neem ‘n paar oomblike om terug te kyk op al die positiewe dinge wat jy vir jouself gedoen het. Let op hierdie nuwe verandering in jou geestelike lewe en dank God en Jesus vir al die wonderlike dinge wat plaasgevind het in die 5 stappe tot nou toe.

Oorwinnig is slegs ‘n paar stappe weg en dan bevind jy jou in ‘n Heilige plek. Op hierdie stadium stap Jesus langs jou al die pad to by Stap 9.
As jy 100% tevrede is dat jy al die stappe tot op hierdie punt tot die beste van jou vermoë voltooi het, kan ons nou aan beweeg na Stap 6. Hierdie is die half-pad merk na die Paradys.

Onvergifnis kan lei na siektes en Kankers , Maak reg voordat Onvergewensgesindheid oor gaan na Bitterheid en Haat en Later Moord en Self moord . Ons Help graag !

Het jy vergifnis gegee en gevra aan jou Familie en Vriende , Nou kan God jou vergewe . Bid die gebed

GEBED

Here vergewe My sonde net soos EK my sondaars VERGEWE HET ! Amen en Amen

Maak met ons kontak ! Ons wil graag met u deel in u pad na vergifnis !

Vul u gegewens hieronder in en druk “Submit” Ons sal aan u gratis ebooks en ander hulpmiddels stuur , ons is hier vir u en sal die pad vorentoe saam u stap !

Stap 6 na die Hemel