Stap 6 na Hemel

Doping in Water.

Hierdie stap seël jou besluit om Jesus te volg en om die Hemel jou tuiste te maak. Jy het nou ‘n nuwe lewe gekies in Christus en is op die regte pad na die Hemel toe. Jy is ook nou alreeds ‘n Burger van die Koningkryk van God.
Nou moet jy jou nuwe vriend se voorbeeld volg – die perfekte voorbeeld van ons geloof. Volg Jesus deur die Doping van die Water. Die Doping van die water manifesteer en bewys jou geloof aan jou familie, vriende en ook jou vyande. Dit is die bewys dat jy ‘n nuwe lewe in die Drie-Eenheid gekies het. Dit is ‘n bewys dat jou ou lewe dood en begrawe is, in die watergraf en dat jy net soos Christus op sal staan as ‘n nuwe kreatuur of maaksel.
Jy is nou skoon gewas deur die nuwe verbond, skoon gewas en afgespoel tot voortreflike skoonheid. Neem hierdie stap as ‘n finale bewys van jou nuutgevonde geloof. Nooi vriende en familie lede uit na hierdie gelukkige begrafnis en opstandingsdag van jou lewe.
Jy het nou as ‘n nuwe persoon opgestaan en is gereed om aan te beweeg na die volgende stap.
Doping simboliseer bekering.
Mat 3:11 Ek doop julle wel met water tot bekering; maar Hy wat ná my kom, is sterker as ek, wie se skoene ek nie waardig is om aan te dra nie. Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur.
Alle volgelinge van Jesus moet gedoop te word.
Mat 28:19 Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
Jesus was gedoop in water.
Mar 1:9 En in daardie dae het Jesus van Násaret in Galiléa gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.
Die doping hou verwant met ‘n veranderde lewe.
Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.
Alle nuwe Christene behoort gedoop te word.
Hand 8:12 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue.
13 En Simon het ook self gelowig geword, en nadat hy gedoop was, gedurig by Filippus gebly; en hy was verbaas toe hy die tekens en groot kragte sien gebeur.
14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur.
15 Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang,
16 want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.
Die doping inisieer ons in Christus.
Rom 6:3 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel.
5 Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
6 aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
Verlossing word geidentifiseer met die Doping.
1Pe 3:21 waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as „n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as ‘n bede tot God om ‘n goeie gewete—deur die opstanding van Jesus Christus
Na hierdie stap is jy ‘n ―Nuut Gebore Christen‖. Maar dit beteken nie dat die pad nou gaan maklik wees vorentoe nie.
Jy is nou ‘n nuwe mens met ‘n silwerskoon bladsy en almal om jou gaan die verandering in jou sien. Ja, daar sal nog moeilike tye en dinge kom. En jy moet ook besef dat jy vriende en selfs familielede gaan verloor weens hulle gaan afstand doen van jou, omdat hulle sal begin ―anders‖ reaggeer teenoor jou.
Meer spesifiek sal jy jou vriende wat nog in die sondige wêreld in sonde lewe, verloor. Maar jy kan altyd nuwe vriende maak wat op dieselfde lewenspad as jy is; skoongewas van sonde, wedergebore en oppad na die Hemel.
Op hierdie stadium raak ‘n groot persentasie Christene stagnant en val selfs terug as gevolg van die aanvalle deur wolwe (Valse Leraars). Jy het nou in hierdie stadium meer ondersteuning van Jesus, God en jou nuwe Christen vriende nodig, deur middel van gebed, om jou te help om dit tot op veilige gronde te maak tot by die Doping van die Heilige Gees. (Stap 9)
Die problem is dat wanneer jy terug val na jou sondige lewe toe en weer in die sondige wêreld is, dit geweldig moeilik is om weer terug te kom by hierdie punt in jou geestelike lewe. Slegs ‘n handjie vol maak dit weer terug tot by stap 7 maar ongelukkig sal meer verlore gaan eerder as om dit terug te maak. Satan weet hierdie ook baie beter as enige een, en sal sy bes probeer om jou weg te hou van die regte pad wat na die Hemel loop.

Onthou ook dat indien jy wel terug val, sal Jesus die 99 ander skape los, en jou kom soek. Want Hy is die Goeie Herder.
Hierdie is my persoonlike opinie.
Ek glo dat hierdie die punt is waar die moderne Kerke verbrou omdat hulle die Wedergebore nuwelinge los om na hulle self om te sien en dit is juis hier waar die wolwe hulle wag. Jy het beskerming, leiding en ‘n leier nodig om saam met jou die res van die pad te stap tot by stap 10 ten minste.
Vra asseblief die altaar werker; die Pastoor of Evangelis om saam met jou die res van die pad te stap. Ja, Jesus is saam met jou in Gees, maar jy het iemand nodig (wat in hierdie tyd en lewe leef) wat jou kan leiding gee en jou deur die gevare van die Wêreld kan help.
As jy hierdie openbaring gebruik om die pad na die Hemel te stap, bel my, e-pos my of sms my. Ek sal die pad saam jou loop. pastor.dirk@steps2heaven.co.za : Cell +27 65 986 0375. Maak ook gebruik van ons webtuiste en kom meer te wete oor ander openbarings en studies wat jou sal help om geestelik te groei.
http://www.trulightradioxm.org.za

“Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.” (Mark. 16:16) (Ou Afrikaanse Vertaling)
“He that believeth and is baptized shall be saved; but he that believeth not shall be damned.” (Mark. 16:16) (King James Bible)

Werk ook deur die Kort Studie wat gratis afgelaai kan word !


Maar as jy in die Hemel wil woon eendag, neem dan asseblief die volgende stap saam my.

Bevestig dat u Gedoop is in Water , voor u aanbeweeg na die volgende stap !

Baie Geluk – Jy is nou ‘n Wedergebore , water gedoopte , Gelowige !

Maak met ons kontak ! Ons wil graag met u deel in hierdie vreugdevolle oomblik in jou lewe !

Vul u gegewens hieronder in en druk “Submit” Ons sal aan u gratis ebooks en ander hulpmiddels stuur , ons is hier vir u en sal die pad vorentoe saam u stap !

Stap 7 na die Hemel