Stap 7 na Hemel

Bybel Studie.

Begin om die Woord van God te eet – Lees en Studeer die Goeie Nuus Bybel. Sluit aan by ‘n studie groep, sluit aan by ‘n gesonde Kerk (Vra vir Jesus om jou te lei).
Luister na preke, lofprys en aanbid die Drie-Eenheid, groei, groei, groei.
Kom in kontak en hê interaksie met ander Christene, en met Geesgevulde kinders van God wat self op stap 10 in hul geestelike lewe is.
Leer en memoriseer Bybel versies, en laat die Skrif deel word van jou lewe, bou op jou nuutgevonde Mosterdsaadjie geloof.

Onthou, daar sal nogsteeds hier en daar, baie min, sonde in jou lewe wees. Wees ook paraat want jou vriende en familie en selfs jou mede Christene sal van tyd tot tyd teen jou sondig op jou pad na die Paradys.
Neem ‘n standpunt in jou lewe in vandag. Vergewe oombliklik, en vra vir God omvergifnis vir jou sonde, elke dag. Hierdie is nie die sonde wat jy op stap 2 agter gelaat het nie. Daar is nie so iets soos ―klein en groot‖ sonde nie. Sonde is sonde in God se oë. Onthou jy loop saam Jesus Christus, en ek is oortuig daarvan dat Hy jou weg van sonde sal lei, jy moet net na Sy Stem luister.
Lees jou Bybel, bid elke dag, vergewe dadelik, draai weg van sonde af en bou op jou nuutgevonde geloof.
Begin om na God se stem te luister. Eet die Woord van God. Dit is soeter as heuning
En gebruik jou Bybel om jouself te beskerm teen Satan.

Kom beweeg nou in die Heilige Gedeelte in met Heiligmaking

Sluit aan by TruLight Huiskerk Studies 36 Vakke gelykstaande aan ‘n BTH Graad sal maandliks aan u geepos word

Stap 8 na die Hemel