Stap 8 na Hemel

Gebed, Lofprysing, Aanbidding, Bou jou Geloof en voortdurende Vergifnis.

Leer hoe om te Bid, Bou op jou Geloof en Gee en Ontvang voortdurend vergifnis. Begin met ‘n gebedsverhouding met die Drie-Eenheid; Bid en Luister. Laat God toe om ook met jou te praat.
Onthou om te vergewe 70 x 7 keer ‘n dag. En herinner God aan Sy belofte om jou jou sondes te vergewe net soos jy die wat teen jou gesondig het vergewe het.
Bid sonder ophou!
Let wel: Hier en daar sal ‘n sonde sy kop uitsteek in jou lewe, maar dit sal gou verdwyn. Die oomblik wat jy stap 8 bemeester het, wag die Heilige Gees op stap 9, reg om jou te doop met Vuur en Krag.
Die volgende stap is die mees belangrikste stap wat jy kan neem in hierdie lewe asook in jou komende lewe.
Jy moet die Heilige Gees versoek om jou te doop, Hy is ‘n Gentleman. H sal wag vir jou uitnodiging en Hy sal Homself nooit op jou af dwing nie.

Let wel dat die Heilige Gees staan reg en gereed, en wanneer jy gereed en – baie belangrik: sonde vry- is, sal die ―Vertrooster Doping Span‖ jou nader tree en jou vervul met ‘n leër van Karakter, Vermoëns, Gawes en Vrugte van die Drie-Eenheid.
Vra God vir hulp!
Psa 40:14 Laat dit U behaag, HERE, om my te red; HERE, maak tog gou om my te help!
God sal nie na ons gebede luister as ons met opset sondig nie.
Mik 3:4 Dan sal hulle die HERE aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in dié tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.
Gebed moet nie vertoon word nie.
Mat 6:6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
Jesus leer ons hoe om te bid.
Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.
Bid in nederigheid.
Luk 18:9 En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel.
10 Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een „n Fariseër en die ander „n tollenaar.
11 En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie—rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie.
12 Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry.
13 En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: o God, wees my, sondaar, genadig!
14 Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word.
Bid in die Naam van Jesus Christus.
Joh 16:23 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.
24 Tot nou toe het julle niks in my Naam gevra nie. Bid en julle sal ontvang, sodat julle blydskap volkome kan wees.
Bid die heeltyd.
Efe 6:18 terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges
Bid sonder twyfel.
Jak 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
Bid met die regte motiewe.
Jak 4:3 Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring.
Bid volgens God se wil.
1Jn 5:14 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil.
15 En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
Bid sonder om op te gee.
Luk 18:1 En Hy het ook aan hulle ‘n gelykenis vertel met die oog daarop dat ‘n mens gedurig moet bid en nie moedeloos word nie,
Jy moet geloof hê as jy bid.
Mat 21:21 Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur.
Vergewe en jy sal vergewe word.
Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word;
10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
11 gee ons vandag ons daaglikse brood;
12 en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe;
13 en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Die Wierrook altaar van vandag.

Reg voor die hoof Gordyn van die Tabernakel was die Wierrook Altaar. Hierdie was die laaste item in die Heilige gedeelte voordat jy die Allerheiligstes binne gegaan het deur die Hoof Gordyn.

In die Nuwe Testament verlossingsplan, is dit die plek van Gebed, Lofprysing en Aanbidding.

Dit is net hier by die Teenwoordigheid van God, waar jy naby die Ark van God is.

Die Gebed en Aanbidding sal in die volgende hoofstukke behandel word, maar in hierdie hoofstuk gaan ons praat oor die 7 Plekke waar ons met God praat en Hom loof en prys.

En hoe nader ons aan die Hemel kom in ons geestelike lewens, kry ons verskeie plekke van Gebed, Lofprysing en Aanbidding.

Waar kommunikasie met God beter raak.

Die beste plek om met God te praat is wanneer jy langs Hom staan.

Ons moet nader aan God beweeg.

Ek vra jou die volgende vraag: Waarom praat Jesus so saggies wanneer Hy met jou praat en waarom fluister God as Hy met jou praat?

Hulle wil hê dat jy nader aan hulle moet beweeg.

As ons kyk na die Gebed, Lofprysing en Aanbidding punte binne in die Tabernakel sal ons beter verstaan. Ons moet nader aan God en Jesus beweeg, en uiteindelik moet ons die Gees van God in ons gees hê.

Kom ons kyk na die 7 plekke.

Plek 1.

Buitekant die Tabernakel: Hier is jy nogsteeds ‘n sondaar in ‘n sondige wêreld.

Die sondaars-gebed – Stap 1 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 2.

By die ingang van die Tabernakel: Wanneer jy besef dat jy weg van sonde af moet draai en na Jesus toe moet draai. En aanvaar om ‘n nuwe pad na God toe te loop. Hier begin jou aktiewe gebedslewe.

Stap 2 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 3:

By die Vuur Altaar en voor die wasbak. By die punt waar jy Jesus Christus as jou Persoonlike Verlosser aanvaar en Hom volg deur die Doping in water.

Stap 3 tot 6 van die 12 Stappe na die Hemel

Plek 4:

In die binnehof van die Tabernakel. Skoongewas van sonde in die Bloed van Jesus en gedoop in water.

Nou ‘n Wedergebore Christen.

Nog besig om te leer oor die Drie-Eenheid in die Bybel en besig om te leer om te Bid.

En gereed om die Heilige gedeelte van die Tabernakel in te gaan –Stap 7 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 5:

In die binne-tent – Die Heilige gedeelte van die Tabernakel. Gebed, Lofprysing en Aanbidding, Geloofs-opbouing en voortdurende vergifnis deur die verloop van jou elke dag. Met ‘n baie kragtige aktiewe gebedslewe. Naby aan die Doping van die Heilige Gees en om meer dinamies in jou Gebed, Lofprysing en Aanbidding te word.

Stap 8 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 6:

In die Allerheiligste net langs die Ark van God.

Nadat jy deur die Heilige Gees gedoop is

“Die Vertrooster Dopings span”

Ontvang jy karakter van God en karakter van Jesus

Ontvang jou gawe/gawes en Vrugte van die Gees

Ontvang jou Bediening in die Koningkryk van God en aanvaar jou Dissipelskap.

Jou Gebed, Lofprysing en Aanbidding is op ‘n stadium van optimum in jou lewe. Met die Gees van God in jou nou, het jy die Tabernakel en of Tempel van God geword. Jy het nou Een-tot-Een, direkte kommunikasie. Geesgevulde Kind van God. Jy het ‘n koningklike Telefoon lyn na God toe. Stap 9-11 van die 12 Stappe na die Hemel.

Plek 7:

Gebed, Lofprysing en Aanbidding in die Hemel saam met Jesus en God reg langs jou.

Wat ek graag vir jou wil uitwys is dat jy nader aan God gaan beweeg in jou geestelike lewe. Gebed, lofprys en aanbidding gaan beter en beter word.

Ja, God sal altyd jou gebede hoor. Maar dit is vir jou soveel beter om nader aan God te beweeg.

Die 2 uiteindes: Plek 1 en Plek 7.

My aansporing aan jou is om by Plek 6 uit te kom so gou as moontlik. Verkry ‘n versekerde lyn – ‘n Koningklike telefoon – ‘n rooi lyn direk na God toe.

Teen hierdie stadium is Gebed, Sange, Lofpysing en Aanbidding, Gedigte en nog meer goed, baie dinamies.

Reg langs God! Beweeg nader aan die Hemel – Kom by Stap 11 van die 12 stappe na die Hemel. God en Jesus nooi jou uit – “Kom nader!”

Die vergifnis, genesing en bevrydings- maaltyd.

In hierdie studie gaan ons leer oor die hoof redes vir Heilige Nagmaal – Die Pasga maaltyd tydens die Paasfees.

In die Bybel se geskiedenis het die oorsprong van die maaltyd begin op die dag en nag wat Moses die Israeliete Vanuit hulle slawerny uit Egipte gelei het.

Exo 12:1  En die HERE het met Moses en Aäron in Egipteland gespreek en gesê: 

2  Hierdie maand moet vir julle die begin van die maande wees; dit moet vir julle die eerste van die maande van die jaar wees. 

3  Spreek tot die hele vergadering van Israel en sê: Op die tiende van hierdie maand moet hulle elkeen ‘n lam neem volgens die families, ‘n lam vir ‘n huisgesin. 

4  Maar as ‘n huisgesin te klein is vir ‘n lam, dan moet hy en sy buurman wat die naaste aan sy huis is, dit neem volgens die sieletal; na wat elkeen gewoond is om te eet, moet julle die getal op die lam bereken. 

5  Julle moet ‘n lam hê sonder gebrek, ‘n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. 

6  En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. 

7  En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet. 

8  En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet. 

9  Julle moet daarvan nie eet as dit rou is en as dit in water gaar gekook is nie, maar oor die vuur gebraai, die kop en pootjies saam met die binnegoed. 

10  Julle mag daar ook niks van laat oorbly tot die môre toe nie; maar wat daarvan tot die môre oorbly, moet julle met vuur verbrand. 

11  En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ‘n Pasga van die HERE is dit. 

12  Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE. 

13  Maar die bloed sal vir julle ‘n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie. 

14  En hierdie dag moet vir julle ‘n gedenkdag wees, en julle moet dit as ‘n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as ‘n ewige insetting vier. 

15  Sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet; alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise verwyder. Want elkeen wat gesuurde brood eet, van die eerste dag af tot die sewende toe, dié siel moet uit Israel uitgeroei word. 

16  En op die eerste dag moet daar ‘n heilige samekoms wees; ook op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees. Daar mag géén werk op dié dae gedoen word nie; net wat deur elkeen geëet moet word, dit alleen mag deur julle berei word. 

17  Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom moet julle hierdie dag in julle geslagte as ‘n ewige insetting hou. 

Hierdie maaltyd was jaarliks gehou, en daarna op die 14de April van elke jaar om die bevryding uit slawerny te vier. Hierdie maaltyd was ‘n feesviering van die nagedagtenis en vryheid uit slawerny vanuit Egipte uit.

Die Hebreeuse naam “Pesach”

Die oorspronklike Pesach was ‘n maal waar ‘n lamp geslag was en die bloed van die lamp was gebruik en aan die deur kosyne geplaas vir beskerming teen die Engel van die Dood wat Egipte besoek het daardie nag.

Die Pesach(Pasga) was later verander na ‘n maaltyd van brood en wyn waar Jesus en Sy dissipels in die bo-kamer aan tafel geëet het. Dit was die nag voor Jesus deur Judas verraai was.

Mat 26:17  En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet? 

18  En Hy antwoord: Gaan na die stad na ‘n sekere iemand en sê vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal Ek die pasga hou met my dissipels. 

19  Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei. 

20  En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel. 

21  En terwyl hulle eet, sê Hy: Voorwaar Ek sê vir julle, een van julle sal My verraai. 

22  Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te sê: Is dit miskien ek, Here? 

23  Toe antwoord Hy en sê: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai. 

24  Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het as daardie man nie gebore was nie. 

25  En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en sê: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit gesê. 

26  En terwyl hulle eet, neem Jesus die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. 

27  Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. 

28  Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. 

29  Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. 

30  En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg. 

Luk 22:14  En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom. 

15  En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly. 

16  Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie. 

17  En toe Hy ‘n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle. 

18  Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie. 

19  Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. 

20  Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word. 

21  Maar kyk, die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel. 

22  Die Seun van die mens gaan wel heen volgens wat bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy verraai word! 

23  Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen. 

Op die dag van die Pasga

Jesus se dissipels het die vraag gestel. Waar sal U die Pasga wil hou die jaar HERE?

Jesus het verklaar. Een van julle sal My na die maaltyd verraai en daar is selfs geprofeteer hieroor, dat dieselfde een van julle sy hand saam met Myne in die broodbak sal steek.

Hy is die een wat die Meester sal verraai, nog daardie selfde aand.

Tydens die maaltyd het Jesus Judas as die een uitgewys. Maar steeds het Jesus met die maaltyd voortgegaan.

In hierdie skrifvers kan ons sien dat Jesus die probleme wou uitsorteer voordat Hy by die Pasga maaltyd(Nagmaal) aangesit het. Hy het die probleem opgebring voordat dit in die pad kon gekom het. En sodat daar vrede tydens die maaltyd sou wees. Ek glo dat Jesus Judas vergewe het voordat Hy aangegaan het met die maaltyd. Maar Judas het nie om vergifnis gevra nie en na die maaltyd het hy weggegaan om Jesus te verraai. Maar Jesus het ook geweet dat Judas net binne God se planne gewerk het. God se bevele was, Jy sal verraai word, gearresteer word, verhoor word, gevonnis en gekruisig word vir hulle sondes. En Jy sal sterf aan die kruis van Golgota om sonde en die dood te oorwin.

Jesus het voortgegaan met die Nagmaal en nadat Hy gebid het en God bedank het, het Hy die brood geneem en dit gebreek met die woorde, “Dit is My Liggaam,” en later die wyn, met die woorde: “Dit is My Bloed”

Neem, eet en drink, dit is die nuwe verbond en doen dit vir vergifnis van jou sondes.

Jesus het ook beloof dat Hy nie die Nagmaal weer sal gebruik totdat ons eendag saam met Hom in die Hemel is nie.

Ons sien in die Tabernakel van God en later ook in die Tempel van God dat die tafel van brood en wyn, in die Heilige afdeling was en ‘n presiese replika van die Nagmaal maaltyd is. En dit is nou deel van die verlossingsplan volgens die Nuwe Testament – die nuwe verbond.

In die openbaring van die 12 stappe na die Hemel toe sien ons 3 plekke van vergifnis.

Stap 1 / Plek 1 – Die slag van die lam, erkenning dat jy ‘n sondaar is.

Stap 5 / Plek 2 – Gee en ontvang vergifnis by die vuur altaar.

Stap 8 / Plek 3 – In die plek van Allerheiligste, die tafel van brood en wyn offering. Nou die Pasga = Heilige Nagmaal.

By hierdie 3 plekke op jou roete na die Paradys sal jy verander word om vergifnis te gee en te ontvang: “Here, Ek vergewe die wat teen my gesondig het en vergewe my asseblief my sondes, God.”

Die 3 plekke is baie belangrik vir ons in ons geestelike lewens, vir geestelike groei en moet deel van ons daaglikse takies wees op ons reis na die Ewige Lewe.

Ons moet dit neem en dit bemeester, elke stap ten volle, voordat ons na die volgende stap toe kan aanbeweeg. Ons moet vergifnis gee voordat ons Jesus in ons harte kan aanvaar’ ons moet vergifnis gee voordat God ons, ons sondes kan vergewe. Die Bloed van Jesus sal ons siele/verstande skoonwas van enige en alle sondes. Stap 3 van die 12 stappe na die Hemel.

Ons moet ook vergifnis ontvang en gee voordat ons Jesus deur die doping met water kan volg, sodat ons liggame skoon van sonde gewas kan word. Stap 6 van die 12 stappe na die Hemel.

Ons moet vergifnis ontvang en gee voordat ons die Doping van die Heilige Gees kan ontvang.

Die openbaring boek, “Not just a Spirit.”

Ons moet sonde-vry wees om die Gees van God te ontvang, Stap 9 van die 12 stappe na die Hemel.

Dit beteken dat die Heilige Nagmaal – die Pasga maaltyd word ‘n plek waar vergifnis gegee en ontvang word. Nie net alleen vir die ontvang van vergifnis van die Drie-Eenheid af nie, maar ook om vergifnis te gee aan jou familie, vriende en vyande. Judas het nie om vergifnis gevra nie, maar Jesus het hom oombliklike vergifnis gegee. Sy skuld gevoel het hom tot selfmoord gedryf.

Die Pasga maaltyd – Die Heilige Nagmaal is ‘n vorm van vergifnis, ons moet vergewe en vergifnis vra voordat ons by die Tafel van Brood en Wyn aansit.

Hierdie is die vergifnis maaltyd.

Die tweede deel van hierdie maaltyd was genesing. Jesus het dit genoem toe Hy die brood raak en dit breek. Hierdie is My Liggaam wat gewond sal wees vir julle genesing.

“DEUR SY WONDE IS ONS GENEES”.

Ja, vir hoofpyne, kanker, verstandlike probleme, vrees en ‘n magdom ander siektes en kwale.

Hierdie is die Genesings Nagmaal maaltyd.

Dan die 3de deel van die Heilige Nagmaal, die beskerming wat ons ontvang deur die Bloed van Jesus. Ja die Bloed van Jesus maak ons skoon van ons sondes, maar dit het ook beskermingskragte. Dit is ‘n kragtige bedekking teen die aanvalle vanaf Satan en sy volgelinge.

Niks kan teen die Kragtige Bloed van Jesus staan nie. Die Bloed van die Lam van God beskerm ons teen alle kwaad.  Nie eens die Dood kan hierdie beskutting van die Bloed oorskry nie.

Ons as Christene kan die Bloed van Jesus plaas vir ons beskerming.

Dit is die Beskerming Nagmaal maaltyd.

So die volgende keer as jy die Heilige Nagmaal gebruik, onthou die 3 belangrike aspekte van hierdie dinamiese maaltyd voordat jy die brood en die wyn neem. Gee vergifnis aan familie, vriende en jou vyande wat jou leed aangedoen het, en vra dan vir God ook vir vergifnis vir jou sondes. Sondes wat jy nie meer voortgaan om te doen nie. Besef dat as jy die Brood – die Liggaam van Christus, gebruik, dat jy Sy Liggaam wat gewond was vir jou genesing van jou liggaam, verstand en gees, gebruik.

Paulus leer ons die manier waarop ons die Nagmaal moet gebruik.

Die gebruik van die Heilige Nagmaal.

1Kor 11:23  Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; 

24  en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. 

25  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. 

26  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. 

27  Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. 

28  Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. 

29  Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. 

30  Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap. 

31  Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. 

32  Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie. 

33  Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; 

34  en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ‘n oordeel saamkom nie. Die ander sake sal ek reël wanneer ek kom. 

Paulus verklaar dat hy hierdie van Jesus Christus ontvang het. Ons sien alle aspekte van die Nagmal maaltyd.

Die vergifnis, genesing, bevryding en die beskermings-maaltyd.

Hoe kry ek geloof?

Kom ons kyk na wat die Bybel ons van geloof leer.

  1. Geloof affekteer die manier hoe ons lewe.

Mar 1:15  en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie. 

  • Slegs ‘n klein hoeveelheid Geloof is nodig.

Luk 17:6  En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees. 

  • Geloof is nodig om gered te word.

Rom 3:28  Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.

  • Geloof herstel ons verhouding met GOD.

Rom 5:1  Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus; 

  • Geloof groei deur die bestudering van die Woord van God.

Rom 10:17  Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

  • Geloof is om te luister na God.

Heb 11:7  Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is. 

8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 

9  Deur die geloof het hy as vreemdeling gaan woon in die land van belofte soos in ‘n vreemde land en in tente gewoon met Isak en Jakob, die mede-erfgename van dieselfde belofte. 

10  Want hy het die stad verwag wat fondamente het, waarvan God die boumeester en oprigter is. 

11  Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het. 

12  Daarom is daar ook gebore uit een vader, en dit ‘n verstorwene, kinders soos sterre van die hemel in menigte en soos die sand aan die strand van die see, wat ontelbaar is. 

  • Geloof maak ons geregtig.

Gen 15:6  En hy het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken. 

  • Geloof in God gaan oor in werke.

Deu 27:10  Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel. 

  • Geloof is glo in iets wan jy nie kan sien nie.

Heb 11:1  Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. 

  1. Geloof is belangrik vir verlossing.

Efe 4:5  een Here, een geloof een doop, 

  1. Geloof moet op gevolg word deur ‘n aksie.

Jak 2:21  Is Abraham, ons vader, nie uit die werke geregverdig toe hy Isak, sy seun, op die altaar geoffer het nie? 

Geloof is die Sleutel to die Hemel – deur Gebed.

Mat 8:13  Toe sê Jesus vir die hoofman oor honderd: Gaan, en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy kneg het gesond geword in daardie uur. 

Mat 6:8  Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. 

Luk 18:8  Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind

Die Geloof van ‘n Kind van God!

  1. Jesus beveel geloof in God.

Mar 11:22  Jesus antwoord en sê vir hulle: Julle moet geloof in God hê. 

  • Geloof maak God gelukkig!

Heb 11:5  Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het. 

  • Jy sal verwerp word as gevolg van jou Ongeloof.

Deu 32:20  En Hy het gesê: Ek wil my aangesig vir hulle verberg, Ek wil sien wat hulle einde sal wees; want ‘n heeltemal verkeerde geslag is hulle, kinders in wie geen trou is nie. 

  • Israeliete kom nie die land Kanaan binne gaan weens hulle Ongeloof.

Heb 3:19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

  • Sonder geloof sal God ons nie help nie.

Heb 4:2  Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. 

  • Sonder geloof kan ons nooit God behaag nie.

Heb 11:6  En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. 

Wat is Geloof?

  1. Geloof is om te Weet.

1Jn 5:19  Ons weet dat ons uit God is en die hele wêreld in die mag van die Bose lê. 

20  En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken; en ons is in die Waaragtige, in sy Seun, Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe. 

  • Geloof is om op God se getrouheid te staan.

Heb 11:17  Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, 

18  aan wie gesê is: In Isak sal jou nageslag genoem word—want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek; 

19  daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang. 

  • Geloof is om God se Woord te staan – Die Bybel.

Joh 1:12  Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; 

  • Geloof is om op te tree volgens God se Wil.

Heb 11:7  Deur die geloof het Noag, toe hy ‘n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie, met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin, waardeur hy die wêreld veroordeel het en ‘n erfgenaam geword het van die geregtigheid wat volgens die geloof is. 

Heb 11:8  Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek na die plek wat hy as ‘n erfenis sou ontvang; en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom. 

Geloof is ‘n fondasie van die Kind van God se lewe.

  1. Ons sal gered word deur ons geloof.

Rom 3:28  Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. 

  • Ons ontvang ons verlossing deur die geloof.

Hand 15:19  Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie, 

  • Ons oorwin die sonde met geloof.

1Jn 5:4  Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 

5  Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is? 

  • Ons kan versoeking weerstaan.

       Efes 6:16  Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus. 

  • Ons ontvang alles wat ons nodig het deur die geloof.

2Ko 1:20  Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. 

  • Jy is in staat om geloof te wys!

Fill 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. 

Karaktereienskappe van ‘n Getroue Persoon

  1. Jesus is ons bron van geloof.

Efe 1:20  wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, 

21  bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die toekomstige. 

22  En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, 

23  wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. 

  • Geloof is nederigheid.

Mat 15:27  En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval. 

28  Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af. 

  • Geloof deurstaan tot die einde.

5  En Hy het vir hulle gesê: Wie van julle sal ‘n vriend hê en sal middernag na hom gaan en vir hom sê: Vriend, leen my drie brode, 

6  want ‘n vriend van my het van ‘n reis by my aangekom, en ek het niks om aan hom voor te sit nie— 

7  en dié van binnekant sal antwoord en sê: Moenie my lastig val nie; die deur is al gesluit, en my kinders is saam met my al in die bed; ek kan nie opstaan om vir jou te gee nie. 

8  Ek sê vir julle, al sou hy ook nie opstaan en vir hom gee omdat hy sy vriend is nie, sal hy tog ter wille van sy onbeskaamdheid opstaan en hom gee soveel as hy nodig het. 

9  En Ek sê vir julle: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. 

  • Geloof is om te glo in die antwoord wat jy nog nie kan sien nie.

Heb 6:15  En so het hy die belofte verkry nadat hy geduldig gewag het. 

  • Geloof is om kalm te bly gedurende moeilike omstandighede.

Heb 4:3  Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is. 

Heb 4:9  Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; 

Heb 4:10  want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 

Hoe Bou ek Geloof?

Fase 1: Almal is gebore met ‘n klein hoeveelheid geloof.

Fase 2: Die sondaar se geloof in die Drie-Eenheid.

Fase3: Bou geloof op deur om die Woord van God te lees en te luister.

Fase4: Geloof in aksie, manifestering van geloof.

Fase 5: Bou op tot die Heilige Geloof. Glo en ontvang.

Fase 6: Die Gawe van Geloof van die Gees van God.

Fase 7: Lewe met Geloof, Dissipelskap geloof.

  1. Almal besit ‘n klein hoeveelheid Geloof en dit vergroot tydens die Wedergeboorte. Rom 12 v 3 en Matt 18 v 3
  2. Geloof is ‘n gawe van God af. Num 23 v 19, Ps 119 v 89 en 1 Sam 15 v 2.
  3. Geloof word verkry deur die lees en memorisering van die Woord van God (Bybel versies uit die Bybel). Johannes 20 v 31, Rom 10 v 17 en Handelinge 18 v 8.

Wat verhoed/stop Geloof in ons lewens.

  1. As jy vergeet om die Woord van God te lees/bestudeer.
  2. Sonde in ons lewens.

Jn 3:20  want as ons hart ons veroordeel, God is meer as ons hart, en Hy weet alles. 

21  Geliefdes, as ons hart ons nie veroordeel nie, dan het ons vrymoedigheid teenoor God; 

Psa 66:18  As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie. 

  • Om nie God se Wil ons lewens te aanvaar nie.

1Jn 5:14  En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. 

15  En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het. 

1Jn 3:22  en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom. 

  • Om ander antwoorde te soek by iemand anders.

Joh 5:44  Hoe kan julle glo wat van mekaar eer aanneem, en die eer wat van die enige God kom, soek julle nie? 

As jy Geloof het, wat sal volgende in jou lewe gebeur?

  1. Jou sonde en Ongeloof is vergewe.

Hand 10:43  Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. 

  • Jy sal die gawe van geloof van die Gees van God ontvang.

Gal 3:2  Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 

Gal 3:14  sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. 

  • Jy sal die belofte ontvang. Ewige lewe.

Joh 20:31  maar hierdie is beskrywe, dat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God; en dat julle deur te glo die lewe kan hê in sy Naam. 

Joh 3:16  Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 

  • Jy sal vrede in Jesus hê.

Joh 6:35  En Jesus sê vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie. 

  • Jou gees word ‘n fontein van Lewende Water.

Joh 7:38  Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. 

39  (En dit het Hy gesê van die Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. )

  • Jou gebede word beantwoord.

Mar 11:24  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. 

  • Jy sal in staat wees om wonderwerke soos Jesus te doen.

Joh 14:12  Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. 

  • Ons kan genesing ontvang.

Mat 9:12  Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. 

Luk 7:50  En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede. 

 Hoe bou ek op my nuutgevonde geloof?

  1. Deur vas en deur gebed, deur om kommunikasie na die Hemel toe op te bou.

Mat 17:20  En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. 

21  Maar hierdie geslag gaan nie uit behalwe deur gebed en vas nie. 

  • Ondervinding, Gebed, Hê Geloof, moenie twyfel nie, en ontvang van God af. Dit sal dag-na-dag beter word.

Mat 21:21  Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see—sal dit gebeur. 

Die Goue Reël van die geestelike Wêreld.

Spieëlbeeld (teenoorgestelde)

Sê dankie, voor jy ontvang.

BID, GLO, MOENIE TWYFEL NIE, DANK GOD, DAN MAAK JY JOU HAND OOP, EN ONTVANG!

Almal is gebore met ‘n klein hoeveelheid geloof; selfs kinders het geloof in hulle ouers of pleegouers. Maar geloof raak minder en minder soos ons volwasse raak en intellek oorneem. Slegs met wedergeboorte as ‘n Christen sal hierdie klein hoeveelheid van geloof terug geplaas word in ons lewens.

Mosterdsaad geloof groei deur om die geloof opbouing stappe te volg en dan deur die gawe van geloof soos gegee deur die Heilige Gees.

Geloof is ‘n vaste hoop, nie ‘n onvastheid nie. Dit is om te staan op waarvoor jy hoop. Hoop in God vir die antwoord vir jou probleme van die oomblik wat jy God gevra het tydens gebed. Op hierdie stadium moet danksegging begin word.

Bedank God vir die voorsiening van jou elke behoefte!

My Gebed vir Geloof

Almagtige God in die Hemel, ek kom na U toe my Voorsiener in die Magtige Naam van Jesus Christus, U Seun. Here, volgens die beloftes in U Woord (Die Bybel) weet ek dat U God, weet wat ek nodig het nog voor ek dit van U kan vra Here.

Ek wil U loof en prys vir U antwoorde op my versoeke. Ek wil U prys want U is alreeds besig om ‘n wonderwerk vir my te bewerk!

Maar ek sal op U wil staan God.

Dankie vir die wonderwerk waarvan ek ‘n getuienis gaan wees. Jesus en God, sien asseblief my mosterdsaadjie geloof. En my nederige gebed.

U het my gebed verhoor en ek wag nou op U Glorie.

Amen en Amen.

Nadat jy gebid het, sal die prins van leuens dadelik vir jou vertel dat God nie jou gebed gehoor het nie, en dat Hy jou nie gaan antwoord nie. Maar glo en moenie twyfel nie en jy sal ontvang.

Weerstaan die vyand, en hy sal van jou vlug!

Ek herinner hom (duiwel) altyd aan sy toekoms as hy my aan my verlede herinner.

Volgens Openbaring 20 v 15, sal die duiwel en sy volgelinge in die poel van vuur gewerp word. En hulle sal tot in alle Ewigheid gepyning word.

Staan vas op jou geloof, toets God eenkeer vir ‘n antwoord. En wag net geduldig want God sal jou nie teleurstel nie!

Ek Verduidelik altyd aan die Christene waarmee ek in kontak kom;

Bid en moenie opgee nie, môre mag dalk die dag wees wat God jou antwoord!

Dit is so hartseer!

Jesus is so onseker oor die geloof van Sy Christene volgens Lukas 18

Niemand was daar toe Hy opgestaan het uit die dood en uit die graf geloop het daardie oggend nie. Hy is onseker oor die dag van Sy wederkoms; Sal daar iemand vir Hom wag?

Gaan jy daar wag vir Jesus as Hy weer kom op ‘n wolk van Glorie? Of gaan jy soos die Dissipel wees wat gesê het “Sien is glo”?

Gaan Jesus geloof vind? Gaan jy daar wees?

Gaan jy saam die verwelkomings sang sing?

Seun van God ons het op U gewag

Ons het geloof in U gehad.

Ek is reg om te gaan!

Saam U, na die Nuwe Jerusalem.

In Openbaring 22 v 12, sê Jesus vir Johannes.

Kyk ek kom gou, en ek bring My belonging saam My!

Sal Jesus geloof in jou vind?

Die Engel by die graf het gesê : Matt 28 v 6

Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het.

Selfs die Joodse Raad het meer geloof gehad; hulle het ‘n wag by die graf geplaas. Matt 27 v 63

Die Engel het die vroue berispe oor hul ON geloof.

In die Hoofstuk wil ek dat jy jou manier van dink verander.

Jy sal sien waarin jy glo, en nie om te sien is glo nie.

Ons moet besef dat in die geestes wêreld is alles ‘n spieëlbeeld van die dinge hier op die Aarde.

Bedank God net en ontvang.

Moenie éérs ontvang en dan God dank nie!

Die Heiligmakings Proses vat tyd met sonde vergifnis by die Nagmaal , Lofprysing , Aanbidding en Gebed wat jou nader aan die Here bring en Bou Geloof . onthou konstante vergifnis vra en Ontvang.

Neem die Volgende Stap – seker DIE belangrikste stap in ‘n Christen se lewe !

Stap 9 na die Hemel