Stap 9 na Hemel

Die Doping van die Heilige Gees
(“Not Just a Spirit”)

Hierdie stap word ten volle bespreek in my Boek – ―Not just a Spirit. In hierdie Openbaring van God af sal jy sien dat hierdie stap die mees belangrikste stap in jou hele lewe is. Dit is selfs belangriker as om jou lewensmaat te kies en ook belangriker as enige waardevolle bate wat jy ooit kan koop.
Teen hierdie tyd is jy silwer skoon – totaal en al sonde vry. Jou gebedslewe is besonder fantasties, jy vergewe oombliklik en jou mosterdsaad geloof het ontkiem en is besig om in ‘n jong boompie in te groei.
Slegs wanneer die Doping plaas gevind het kan jy weet jy is oppad na die Hemel toe wat jou laaste bestemming sal wees. Die Heilige Gees wat nou in jou woon sal jou van sonde af weg lei, en jou lei na die Hoofstad van die Koningkryk van die Hemel lei. En as jy binne-in die Gees kan bly, sal Hy jou ook uiteindelik met die Merk van God verseël.
Hierdie verseëling is die Here wat Sy Heiliges apart van die res stel, en hulle verseël vir die Ewigheid.
Op hierdie stadium sal jy ‘n kombinasie van Vermoëns, Gawes en Vrugte van die Gees ontvang wat jou daartoe sal stel om jou Bediening te doen, asook jou in staat stel om Dissipelskap te aanvaar.
Die baie belangrike feit wat Teoloë mis, is dat jy ook met sommige karaktereienskappe van God en Jesus toegerus sal word. Voorbeelde hiervan is Liefde, Vrede, Geduld, Wysheid en meer.
Die 9 Vrugte van die Gees
Gal 5:22 – 23
Maar die vrug van die Gees
Is Liefde – Blydskap – Vrede – Lankmoedigheid – Vriendelikheid – Goedheid – Getrouheid – Sagmoedigheid – Selfbeheersing.

Die 9 Gawes van die Gees
1Co 12:1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.
2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.
3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.
11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.
15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie—behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?
18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.
19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?
20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.
21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
22 Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;
23 en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,
24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,
25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.
26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?
30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?
31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle „n nog uitnemender weg.
Jesus was met die Gees gedoop.
Joh 1:32 En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.
33 En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.

Jesus het die vervulling van die Gees ontvang.
Mat 3:16 En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.
Gelei deur die Heilige Gees.
Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.
Pinkster – Die Doping van die Heilige Gees
Hand 2:2 En daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid soos van’n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het.
3 Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit.
4 En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek.
Hand 2:38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

Laai gerus die eBook af

Na die Ontvang van die Doping van die Heilige Gees kan jy nou inbeweeg in die Koningkryk van God in

Vertel ons meer oor u Heilige Gees Doping ervaring

Na die Doping met die Heilige Gees beweeg na die Volgende Stap

Stap 10 na die Hemel